Herhaalde versoeke van gestremde oor parkering geïgnoreer

Ek rig dié brief aan die vrou wat Donderdagoggend, 29 Oktober omstreeks 10vm op die parkering vir gestremde persone by die Secunda Mall parkeer het.

Onthou jy nog die bejaarde egpaar wat besig was om in die parkering wat vir gestremde persone gereserveer is, te parkeer?

Jy het goedsmoeds voor hulle ingeskiet en daar parkeer.

Die tannie wou jou vra om op ’n ander plek te parkeer en het ook haar redes daarvoor aan jou verduidelik, maar jy het op haar geskel.

Selfs die karwag se herhaalde versoek om jou motor te verwyder, het op dowe ore geval.

Jy het omgedraai en saam met jou kinders in die mall verdwyn.

Sy wou aan jou verduidelik dat die oom ’n kunsbeen het en dat die gewone parkeerplekke nie geskik is nie, want sy motor se deur moet heeltemal oopgemaak word sodat hy kan uitklim.

Die gewone parkeerplekke is te klein daarvoor.

Glo my, hy sou met die grootste vreugde op ’n gewone plek wou parkeer.

Hy sou met die grootste blymoedigheid die 10 treë verder na die ingang gestap het as hy maar net weer twee bene soos jy kon hê.

Ons het hulle kort daarna in die mall raakgeloop.

Hulle was duidelik ontsteld en kwaad oor die voorval.

Die ontstellendste was egter om die verslae en magtelose hartseer in hul oë te sien, terwyl die tannie ons van hul ondervinding vertel het.

Jou blatante minagting van hul versoek en jou optrede teenoor dié twee merkwaardige ou mensies was kleinlik, gemeen en onvergeeflik.

Mag jy nooit die verlies van ’n liggaamsdeel ervaar nie, want jy sal nooit die moed, durf en deursettingsvermoë hê om soos dié twee bewonderenswaardige mense dit te verwerk nie.

Ons is so trots op hulle. Ons respekteer hulle. Ons het die hoogste agting vir hulle.

Rina, Secunda.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

  AUTHOR
Louise Korb
Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other