Oud-Bethaller dood in Ermelo gevind

Mnr. Koos Lombard (jnr).
Mnr. Koos Lombard (jnr).

Die lyk van die 29-jarige mnr. Koos Lombard (jnr) is Maandagoggend omstreeks 11vm in ‘n woonstel in Robertsonstraat op Ermelo gevind.

Hy het ‘n skietwond in die kop gehad.

Mnr. Lombard (jnr) is die enigste seun van mnr. Koos en me. Marie Lombard wat voorheen vir jare op Bethal gewoon het.

Hulle het ‘n tyd gelede na Pretoria verhuis.

Volgens die polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het mnr. Lombard (jnr) se kollegas Maandag ondersoek gaan instel nadat hy nie vir werk opgedaag het nie.

Hy het ook nie op hul telefoonoproepe reageer nie.

Hulle het onraad vermoed toe hulle die voertuie buite sy geslote woonstel gekry het.

Sy lyk is in die kamer gevind nadat die deur oopforseer is.

Die polisie vermoed geen gemene spel nie.

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
The dog had a piece of zipper tied round her neck that restricted blood flow and caused severe swelling of the head.
SPCA fears they have hit a dead end