Gesin voel onveilig

inbraak_0_1

’n Ma en dogter sê hulle voel glad nie meer veilig in hul huis nie nadat diewe by hul huis ingebreek het.

Hulle het verlede week laat middag by hul huis aangekom en eers vir ’n rukkie buite gesit nadat hulle die voordeur oopgesluit en oopgelos het.

Hulle het ’n rukkie later vreemde geluide gehoor wat vanuit die huis gekom het en het dadelik onraad vermoed.

“Ek het angsbevange vir my dogter gesê dat ons dadelik moes wegkom.

“Ek het die voordeur toegeslaan en gesluit en ons het na my motor gehardloop.

“Terwyl ek besig was om uit die erf te ry, het twee mans langs die muur gehardloop en toe oorgespring.

“Hulle het van iewers agter uit die erf gekom,” het die ma vertel.

Die polisie en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is dadelik in kennis gestel en het binne ’n paar minute by die huis gestop.

Die erf en huis is deeglik deursoek om seker te maak dat daar nie nog inbrekers in die huis of in die erf was nie.

Daar word vermoed dat die inbrekers die diefwering van een van badkamers oopgebuig en deur die venster geklim het.

“Ek kan nie ophou om die Here te dank dat Hy ons beskerm het nie.

“Dit kon soveel anders gewees het as ons in die huis ingegaan het,” het die vrou gesê.

Dit was duidelik dat die inbrekers gesteur was.

Hulle het net ’n skootrekenaar gesteel en die televisie is buite die huis gevind.

“Na wat gebeur het, voel ons nie meer veilig in ons huis nie en ons vrees dat ons weer eendag by die huis gaan kom en inbrekers in die huis betrap,” het die dogter gesê.

Hulle het die polisie en die GPF vir hul vinnige optrede bedank.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

WhatsApp – 0793644185

 

 

Latest News

COMMENTS

highvelderstandertonabisechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top