Vrou sterf in Bethal huisbrand

Me. Lulu Saunders (64) is na bewering in haar huis dood nadat ‘n brand ontstaan het.

Sy en haar man, mnr William Saunders (58) was blykbaar alleen in die huis.

Volgens ooggetuies het die huis net na 8nm gisteraand in Chris Hanistraat aan die brand geslaan.

Mnr. Saunders is na bewering gisteraand in Bethal Hospitaal opgeneem, maar is reeds ontslaan.

Mnr. Douw Botha, senior stasie-offisier van Bethal se brandweer, het aan die Ridge Times gesê dat die oorsaak van die brand nog ondersoek word.

Volgens mnr. Botha sal die ondersoek deur die polisie se spesiale eenheid vir sowat drie tot vyf dae duur.

Meer inligting sal in vandeesweek se Ridge Times beskikbaar wees.

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Kristopher Ryan Centre in Secunda in dire need of your help