Nuwe blaadjie vir lisensiekantore

Baie van die plante wat aangeplant is, het min water en onderhoud nodig.

SECUNDA – Lang rye, swak diens en verwaarloosde munisipale geboue is dalk iets van die verlede.

Die Ridge Times was onlangs by die munisipale kantore en het die tuine, die voertuiglisensiëringskantore en die gedenkmuur ondersoek.

Mnr. Deon Olivier, wat gereeld dié kantore besoek, het die Ridge Times geskakel en sy vreugde oor die opgeknapte tuine en kantore gedeel.

Die tuine voor die munisipale kantore en om die Johannes Stegmann Teater se beddings is onlangs volgeplant met droogtebestande plante.

Die beddings is netjies omgespit en die bome en struike is in die winter gesnoei.

Dit is ook duidelik dat die groot palmbome tussen die munisipale kantore en die biblioteek onlangs gesnoei is, want daar is geen gevaarlike droë takke meer aan dié hoë bome nie.

Volgens mnr. Olivier is dié verbetering nie nuut nie.

“Ek sien al vir ’n paar maande hoe die werkers aan die plante en beddings werk en was by toe hulle die palmbome met ’n hyskraan gesnoei het, maar ek wou seker maak dat die onderhoud volgehou word voordat ek die koerant daaroor kontak.”

Mnr. Olivier praat blykbaar gereeld met die uitvoerende burgemeester van die Govan Mbeki Munisipaliteit, me. Flora Maboa-Bolton, as sy na haar kantoor toe stap en sy is ook optimisties oor die veranderinge in die munisipaliteit.

Die opmerklikste deel van die verbeteringe is egter die diens by die voertuiglisensiëringskantore.

Daar was minder as agt mense wat in die kantoor gewag het teen 10.30vm op Donderdag, 17 November en nie een van hulle het op daardie stadium al meer as 10 minute gewag nie.

Terwyl die Ridge Times foto’s van die tuine geneem het, het drie mense uit die kantoor gekom, voertuiglisensies in die hand, en geglimlag.

Een het sy groen voertuiglisensie in ongeloof gewys en gesê: “Minder as 20 minute en ek is klaar!

“Wie sou nou kon dink die diens sou só goed wees?”

Die gebied om die gedenkmuur is ook opgerium en daar is verskeie projekte om dié geskiedkundige deel van die dorp weer tot sy reg te laat kom.

Die veiligheidshekke wat na die gedenkmuur lei, word ook gesluit om seker te maak dat niemand dit verder kan beskadig nie.

’n Plaaslike sakeman voel sterk daaroor om al die gekraakte en gebreekte naamplaatjies op die muur te herstel of te vervang en om volgende jaar ’n gedenkoptog daar te hou.

Drie munisipale werkers, mnre. Hlengiwe Khumalo en Sipho Mahlangu en me. Zephania Mtsweni wat besig was om die beddings netjies te maak, het verduidelik dat hulle werk is om die inwoners weer trots op hul dorp te maak.

Al wat nog nie herstel is nie, is die fontein tussen die Johannes Stegmann Teater en die biblioteek, maar volgens mnr. Olivier werk daar gereeld mense daaraan.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Secunda se infrastruktuur word nie onderhou nie

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other