Herstelwerk aan Nestlé-brug word betwyfel

Geen poging is aangewend om die skuur/erosieskade onder en by die toon van die keermuurfondament te hertel nie.

BETHAL – Daar is meer as een poging aangewend om kommentaar by Govan Mbeki Munisipaliteit te kry oor die brug aan die einde van Malherbestraat wat vir meeste mense as die Nestlé-brug bekend staan.

Hoewel die munisipaliteit ’n poging aangewend het om die brug te herstel, mag dit dalk nie voldoende wees nie.

Die Ridge Times het weer ’n siviele ingenieur gevra om ondersoek in te stel nadat die brug herstel is.

Dié ingenieur het die volgende waargeneem:

– Dit wil voorkom asof die herstelwerk wat aan die brug gedoen is, nie behoorlik ontwerp is nie.

– Daar is nie ’n behoorlike fondament nie.

– Dit blyk dat die nuwe deel van die keermuur op die puin van die beskadigde muur gebou is.

– Govan Mbeki Munisipaliteit of die kontrakteur het nie eens die moeite gedoen om die puin te verwyder nie.

– Daar is geen behoorlike staalversterkers gebruik om die muur te versterk nie.

– Slegs ’n paar vertikale staalversterkers is in die middel van die beton gebruik.

– Dié staalversterkers voldoen nie aan die minimum vereiste soos per siviele ingenieurswese ontwerpkodes voorgeskryf nie.

– Dit blyk dat die nuwe muur wat gebou is, ook nie behoorlik aan die bestaande muur of die deel wat oor is gebind is nie.

– Geen poging is aangewend om die skuur/erosieskade onder en by die toon van die keermuurfondament te hertel nie.

– Die herstelwerk aan die brug was sub-standaard en nie behoorlik ontwerp nie.

Krake in die bestaande en oorblywende deel van die keermuur is reeds merkbaar en dit is nie ’n kwessie van as nie, maar eerder van wanneer die brug weer sal begin breek.

Inwoners moet dus steeds versigtig wees wanneer hulle van dié brug gebruik maak.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Nestlé-brug op Bethal gesluit