Laerskool Marietjie is Kleuterzone-kampioene

Die nasionale wenners van vanjaar se Kleuterzone is die 4-5-jarige seuns met die hul “Grease Lightning”-tema. Hulle het ook weggestap met die trofee vir die klas met die meeste selfvertroue en het vir die skool ’n kontantprys, asook ’n partytjie saam met Ollie die Nar gewen.

BETHAL – Kyknet, wat nou as ABS Produksies bekendstaan, het vroeër vanjaar die Kleuterzonekompetisie aangebied.

Een van Laerskool Marietjie van Niekerk se leerders se ouers het dié skool vir die kompetisie genomineer.

“Ons was nie daarvan bewus dat dit ’n kompetisie was nie.

“Na die konsert is ons per e-pos laat weet dat drie van ons groepies deur is na die halfeindronde.

“Die publiek moes ná die uitsending op Kanaal 146 op 8 November per sms vir ons kleuters stem.

“Aldrie groepies het na die eindronde op 19 November in Pretoria deurgedring.

“Daar is ons kleuters deur ’n paneel beoordelaars beoordeel,” het me. Tanya du Plooy, onderwyser, vertel.

Die produksiespan het elke klas wat deelgeneem het, by die skool tydens hul dagprogram en buitespel verfilm.

’n Konsert is die aand opgevoer en elke klas het ’n item met ’n spesifieke tema opgevoer wat ook verfilm is.

“Die klasse is op liedjiekeuse, kostuum, danspassies en ‘cute factor’ beoordeel,” het me Du Plooy verduidelik.

Die 3-4-jariges het met hul item, “Sonbrilletjies”, ’n trofee gewen vir die klas met die meeste energie.

“Hillbilly Rock” is deur die 4-5-jarige dogters opgevoer en hulle het die trofee vir die klas met die meeste gees gewen.

Dié klas het algeheel derde geëindig.

Die nasionale wenners van vanjaar se Kleuterzone is die 4-5-jarige seuns met hul “Grease Lightning”-tema.

Hulle het ook weggestap met die trofee vir die klas met die meeste selfvertroue en het ’n kontantprys vir die skool gewen, asook ’n partytjie saam met Ollie die Nar.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Nelia presteer in modeleksamen

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other