Munisipale klagtestelsel laat inwoners in die steek

Dié elektrisiteitpaal lê al byna ’n maand naby Bethal Hospitaal langs die pad.

HOëVELD – Die munisipaliteit sleep hulle voete as dit kom by die herstel en onderhoud van Secunda, Evander, Trichardt, Bethal en Kinross se infrastruktuur.

Verskeie inwoners van dié dorpe kla oor onder andere lamppale wat onveilig is, stopstrate wat nie duidelik gemerk is nie, waterlekke wat aangemeld word maar ignoreer word, en paaie wat in haglike toestande is.

Die Ridge Times het met van dié inwoners gepraat en meeste het dieselfde storie vertel.

Een man het sy frustrasie met die munisipale dienslewerening en klagtestelsel gedeel: “Ek het drie jaar gelede na Secunda verhuis en kort nadat ek in my huis ingetrek het, het ek gesien daar was fout met my waterdruk.

“Ek het ten duurste loodgieters laat uitkom, maar hulle kon nie die fout opspoor nie.

“Ek het op die ou einde die munisipale kraan gevind en wou dit toedraai sodat ons in die huis aan die krane en pype kon werk.

“Met dié kom ek toe agter die kraan lek vreeslik aan die munisipale kant van die kraan.

“Na verskeie oproepe na die munisipale klagtekantoor om iemand te kry om die kraan te herstel, het ek steeds geen hulp ontvang nie.

“Elke keer as ek skakel en vir ’n verwysingsnommer vra, sê die persoon in die klagtekantoor dat die stelsel van lyn af is en dus nie nommers kan genereer nie.”

Volgens dié inwoner lek die kraan al meer as ’n jaar en hy skakel elke nou en dan om dit aan te meld, maar daar het nog niemand opgedaag om dit te herstel nie.

Die probleem met die verwysingsnommers is deur ander gefrustreerde inwoners bevestig.

“As jy ’n straatlig of waterlek aanmeld, sal die telefoonoperateur vir jou sê hulle stuur nou-nou ’n sms met die verwysingsnommer, maar dié sms kom nooit nie en dan skakel mens maar weer.”

In Rhodesstraat op Evander probeer een huiseienaar sedert Januarie om ’n munisipale loodgieter te kry om die waterlek op die sypaadjie voor haar huis te laat herstel, sonder enige vordering.

Hoewel daar in die afgelope paar maande verskeie ligpuntjies was as dit kom by munisiplae dienslewering, wil dit voorkom asof die klagtekantoor en die stelsel vir die aanmeld van klagtes dringend aandag nodig het.

Die Govan Mbeki Munisipaliteit is om kommentaar oor dié klagtes genader, maar het nie teen druktyd reageer nie.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Sasol 2 se balvaardigheid laat hulle in die steek

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other