Kosblikidees wat vir almal kan werk

Piesangskyfies wat in fyngemaalde ontbytgraan gerol is. (Foto: Leandi Archer)

BETHAL – Solidariteit Helpende Hand weet hoe belangrik dit is om gesond te eet en hoe moeilik dit kan word om daagliks nuwe idees vir die kosblik uit te dink.

Die skole het heropen en jy as ma is weer op jou pos as kosblikpakker.

Deur vooruit te beplan en bietjie met idees rond te speel, kan jy voorkom dat jy elke dag vir jou kinders Marmite-broodjies skool toe inpak.

Almal weet dat kinders met hul “oë eet”, dus moet jy probeer om die kosblik so interessant en prettig as moontlik te maak.

Gesonde, gebalanseerde kos is belangrik vir konsentrasie en energie.

Jy kan nie verkeerd gaan deur kos in te sluit wat uit die vyf voedselgroepe bestaan nie:

• Brood en stysel.

• Proteïne.

• Melk- en suiwelprodukte.

• Vrugte en groente.

• Vette en olies.

Pak soms ’n paar lekkers in, balans is baie belangrik.

Jy kan byvoorbeeld jou kind se kosblik opkikker.

’n Volgraanbroodjie met lekker koue vleis en slaaiblare op, kan afgerond word met ’n lekker mosterdsousie of blatjang.

Maak seker jy pak ’n vrug soos ’n appel of ’n piesang in, asook iets om te drink.

Onthou om koeldrank en veral jogurt in ’n sakkie te sit, want dit is geneig om te lek of oop te bars.

Jy hoef nie elke dag dieselfde in te pak nie.

Solank jy die vyf nodige voedselgroepe insluit, kan jy kreatief raak.

Jy kan die brood met ’n muffin of selfs piesangbrood vervang.

Koue frikkadelle of die vorige aand se hoenderboudjie saam met wortel- en komkommerstokkies is ook altyd ’n kosblikwenner.

Hou in gedagte dat jou kind net ’n kind is en daarom smag hy of sy na ’n lekkerny.

Maak ’n punt daarvan om die kosblik af te rond met iets lekkers, hetsy dit ’n pakkie koekies, vrugtegommetjies (“wine gums”), jogurt of gedroogde vrugte is.

Hier is ’n paar wenke vir kosblik pak:

– Vries jou kind se koeldrank of water die aand voor die tyd. Dit sal heeldag lank ontdooi en lank koel bly.

– As jy tamatie op ’n toebroodjie sit, moenie die tamatie direk op die brood sit nie. Tamaties bevat baie water en sal die brood nat en papperig maak.

– As jy avokado gebruik, gooi ’n bietjie suurlemoensap daaroor om te verhoed dat die avokado verkleur.

– Pak daarmee saam ’n lekker pastaslaai en ’n vrug soos ’n naartjie, appel of trossie druiwe in.

– Kies kosblikke met kompartemente, dan bederf die een nie die ander se smaak nie.

– Onthou dat jy nie ’n hele pakkie lekkergoed hoef in te pak nie. Sit byvoorbeeld net die helfte van die pakkie in ’n ander pakkie of sakkie en stuur dit saam.

– Stokkie frikkadelle is voedsaam en maklik om te eet, veral op die speelgrond. Die stokkie help ook om hande skoon te hou.

Hier is die maklike resep vir stokkie frikkadelle.

Benodighede:

2 snye volkoringbrood

500 g maalvleis

1 eier

90 g gerasperde kaas

15 ml tamatiesous

15 ml blatjang

15 ml worcestersous

Hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)

Sout en vars gemaalde swartpeper

Sosatiestokkies in die helfte gesny

Metode:

Week brood vir sowat 10 minute in koue water.

Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper.

Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op ’n sosatiestokkie.

Pak op ’n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200° C.

Laat goed afkoel op die bakplaat.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
AfriForum ruim rommel op in Secunda se sentrale besigheidsgebied

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other