Hoërskool Hoogenhout se Damian Losper verbeter drie rekords

Hoërskool Hoogenhout se atlete wat tydens die skool se interhuis op 21 Januarie uitgeblink het. Voor is Chanelle Roux, Dolf Swanepoel, Dominique Smith en Marizelle Venter. Agter is JP Pretorius, Tiaan du Preez, Inge van der Merwe en Damian Losper.

BETHAL – Die rekords het by Hoërskool Hoogenhout se interhuis op Saterdag, 21 Januarie gespat.

Baie sal die steratleet Riaan Dempers onthou.

Daar is vir die eerste keer in jare aan sy rekord geraak, hoewel die rekord nie verbeter is nie.

Damian Losper het uitgeblink deur drie rekords te verbeter en een te ewenaar.

Hy het die 400m-interhuishekkiesrekord verbeter en die baanrekord vir S0/17, Riaan Dempers se 100m-baanrekord, geëwenaar.

Damien het ook die 110m-hekkies se rekord vir S0/17 verbeter.

Hy was die Senior Victor Ludorum.

Inge van der Merwe was die Senior Victrix Ludorum, Dominique Smith die Junior Victrix Ludorum en Vuyo Nyoni die Junior Victor Ludorum.

Marizelle Venter het die 400m-interhuishekkiesrekord vir D0/17 verbeter en JP Pretorius twee interhuisrekords in verspring en driesprong vir S0/16.

Anuschka Roux en Chanelle Roux het albei die 300m-interhuishekkiesrekord vir D0/14 verbeter.

Die interhuisspiesgooirekord vir S0/16 is deur Dolf Swanepoel verbeter en die 110m-interhuishekkiesrekord vir S0/17 is deur Tiaan du Preez en Damian Losper verbeter.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hoërskool Secunda wen Interhoër

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other