Hoërskool Secunda presteer by prestige-byeenkoms

Vanessa van der Mesch, van Hoërskool Generaal Hertzog het aan die D0/15-verspring deelgeneem.

SECUNDA – Hoërskool Secunda het Vrydag, 27 Januarie die Prestige Atletiekbyeenkoms vir Hoërskole by die Lillian Ngoyi Stadion gewen.

Hul eindtotaal was 727 punte.

HTS Witbank, Hoërskool Standerton, Hoërskool Generaal Hertzog en Hoërskool Ermelo het ook deelgeneem.

Dié byeenkoms is ’n jaarlikse instelling en omdat dit gewoonlik vroeg in die atletiekseisoen gehou word, bied dit die jong atlete die kans om hulself te bewys.

Hoërskool Standerton is tweede met 690 punte en Hoërskool Ermelo is derde met 670 punte.

Die vierde en vyfde plekke het aan HTS Witbank met 600 punte en Hoërskool Generaal Hertzog met 257 punte gegaan.

Hoërskool Secunda se atlete het ook verskeie top toekennings gewen, insluitend:

• Beste naelloop seniordogter: Lolla Mokoena

• Beste hekkies juniorseun: JP Booysen

• Beste hekkies seniordogter: Lolla Mokoena

• Beste hekkies seniorseun: Ruben Beyleveldt

• Beste middel en langafstand juniordogter: Michelle Parks

• Beste middel en langafstand seniordogter: Michelle Parks

• Beste middel en lang afstand seniorseun: Aldrin Willemse

• Beste spronge seniorseun: Phillip Matfield

• Beste worpe seniordogter: Leandri Lamprecht

• Senior Victrix Ludorum: Lolla Mokoena

Lolla Mokoena, wat in Desember saam met Ussain Bolt in Jamaika geoefen het, het drie nuwe rekords verbeter en elke keer meer as ’n sekonde van die vorige rekords afgeneem.

Haar nuwe rekord in die 100m-hekkies vir D0/17 is 14,08 sekondes.

Die vorige rekord was 15,6 sekondes.

Haar nuwe rekord in die 200m vir D0/17 is 25,19 sekondes, terwyl die vorige rekord 26,21 sekondes oor dié afstand was.

Sy het die 100m vir D0/17 in ’n rekordtyd van 11,89 sekondes gewen,

Die vorige rekord was 12,85 sekondes.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hoërskool Secunda-dogters is grootskole-kampioene