Oosterland palm medaljes in by twee atletiekbyeenkomste

Euvian Fourie het onder andere aan spiesgooi en driesprong deelgeneem en was ook deel van een van Hoërskool Oosterland se aflosspanne.

SECUNDA – Hoërskool Oosterland se top atlete het Saterdag, 4 Februarie dié skool se naam hoog gehou tydens die Prestige Atletiekbyeenkoms wat deur Hoërskool Ermelo op Ermelo aangebied is.

Altesaam 29 van dié skool se top atlete kon nie aan die byeenkoms deelneem nie omdat hulle aan die Hoëveldrif Atletiekkampioenskap deelgeneem het en nege eerste plekke, sewe tweede plekke en vier derde en vierde plekke elk behaal het.

Ten spyte hiervan, het die atelete van Oosterland by die Prestigebyeenkoms presteer.

Andy Krause (hoogspring, S0/14), Petra Mohlamonyane (verspring, D0/15) en Quinton Venter (skyfwerp, S0/ 19) het goud verwerf.

Jan Hendrik Nel (400m-hekkies, S0/16), Petra Mohlamonyane (90m-hekkies, D0/15 en 200m vir D0/15), Deandre Bok (400m, D0/14), James Nel (400m, S0/14), Euvian Fourie (spiesgooi, S0/16) en Andy Krause (verspring, S0/14) het almal silwermedaljes ingepalm.

Nhlanhla Sibeko (300m-hekkies, S0/14), Pieter van Niekerk (800m, S0/16), Angelique Lock (skyfwerp, D0/16), Blessing Sibande (800m, S0/17), Evan Carstens (verspring, S0/16), Euvian Fourie (driesprong, S0/17), Jan-Hendrik Nel (400m, S0/16 en 200m, S0/16) en Kayley Coetzer (100m, D0/16) het elkeen bronsmedaljes gewen.

Oosterland se aflosspanne het almal derde plekke behaal en sodoende bronsmedaljes gewen.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Hoërskool Oosterland se wintersportspanne blink uit

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other