Bekende Bethal-afsitter groet, maar sit nie die geweer neer nie

BETHAL – Mnr. Gert Pienaar is al vir 37 jaar ’n onderwyser en is in die hele streek as afsitter by atletiekbyeenkomste bekend.

Hy het al in 1980 by Laerskool Marietjie van Niekerk as onderwyser begin werk.

“Ek wou nog altyd ’n onderwyser wees en wil ook niks anders wees nie.

“Om met kinders te werk, is vir my ’n passie en ek is lief vir alle kinders,” het hy vertel.

Mnr. Pienaar en sy seun het al saam by 55 atletiekbyeenkomste die afsitpistool geskiet.

“Dit is absoluut ’n stokperdjie en passie vir my pa om afsitter te wees.

“Hy gaan nou weer sy toerusting opgradeer omdat daar soveel Mussa-byeenkomste is waar ons moet skiet.

“Hy is tydens elke skoot en elke byeenkoms honderd persent toegewyd,” het mnr. GC Pienaar, sy seun, vertel.

Mnr. Gert Pienaar was van 1992 tot 1996 sekretaris van die Oos-Transvaalse Amateur Vereniging.

Hy het in 1990 as beampte gekwalifiseer en in 1991 as nasionale skeidsregter.

Die Oos-Transvaalse Afrigtersvereniging het hom in 1994 met ’n eretoekenning vereer en hy is ook van 1990 tot 1994 deel van dié vereniging.

“Ek het die geleentheid gekry om deur ’n oud-Suid-Afrikaanse afsitter, sers. -maj. Hollyday, geleer te word.

“Hy is wêreldbekend.

“Atletiek bly vir my ’n mooi sport en nie net baanitems nie, maar ook velditems,” het mnr. Pienaar verduidelik.

Hy rig vandag nog hoogspring af en het Welma Koen, nou ’n Springbok-veteraanhoogspringatleet, afgerig.

“Welma noem in haar CV dat haar hoogspringloopbaan die jare wat ek haar begin afrig het, begin het.

“Sy skakel my nou nog jaarliks op my verjaardag en wanneer sy goed presteer het.

“Dit is vir my lekker dat my oudatlete en leerlinge kontak hou,” het hy gesê.

Hoewel mnr. Pienaar vanjaar aftree, gaan hy steeds by atletiek betrokke wees en ook as afsitter optree.

Hy gaan ook oudhede restoreer en versamel langspeelplate.

Die buitelug en musiek is van sy gunsteling dinge in die lewe.

“Ek het vir my vrou gesê dat hulle eendag met my begrafnis op pad kerk toe nie moet huil nie, maar heelpad net musiek moet speel.

“My passie lê by sport en kinders en daarom gaan ek steeds by die skool betrokke bly.

“Ek stel nie belang om te trek nie.

“Al my vriende is hier en wanneer ek ’n pel nodig het, weet ek hulle is naby,” het hy vertel.

Mnr. Pienaar rig al vir 22 jaar Laerskool Marietjie van Niekerk se eerste rugbyspan af en het ook op die Puma Rugby en Suid-Oos Krieket se besture gedien.

Riaan Dempers, Hadri Theron en Llewellyn Herbert is van die steratlete wat hy al afgesit het.

“Ek wil dankie sê vir almal wat my pad gekruis en help bou het aan my lewensondervinding.

“Dankie aan elkeen wat vir my geleenthede gebied het om vorentoe te kan beweeg.

“Ek wil spesifiek vir mnr. Booyens dankie sê dat hy my nog altyd gemotiveer en ondersteun het.

“Dankie ook aan die ouergemeenskap.”

Mpumalanga Atletiek gebruik vandag ’n afsittershandleiding wat mnr, Pienaar saamgestel het en hy en sy seun bied ook opleidingskursusse aan.

Mnr. Pienaar het gesê die geheim van ’n goeie afsitter is dat jy altyd dieselfde moet optree en wees, selfs met verskillende ouderdomme.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Secunda residents help Knysna fire victims

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other