Charles neem die leisels oor by Laerskool H.M. Swart op Bethal

Mnr. Charles Pentz is vanjaar as die nuwe skoolhoof van Laerskool HM Swart aangewys. Hier is hy saam met van die leerlinge van dié laerskool.

BETHAL – Mnr. Charles Pentz het in 1990 met sy onderwyskwalifikasie by die Noord-Transvaalse Universiteit van Potchefstroom, NWU Pukke, uitgestap en is vandag die nuutaangestelde hoof van Laerskool H.M. Swart.

“Daar was ’n paar opsies wat ek oorweeg het, maar ek het egter deurgedruk in die onderwys en is tot vandag toe nog nie een dag spyt nie,” het mnr. Pentz gesê.

Hy wou ook graag ’n bourekenaar word, maar wanneer hy beplan het om ander rigtings te gaan ondersoek, het die paadjie elke keer na die onderwys teruggekeer.

“Dit is lekker om te sien hoe oudleerders presteer en ontwikkel.

“Om te weet dat jy ’n goeie voorbeeld vir ’n kind moet wees, is baie belangrik.

“Opvoeding begin al by die huis en ons as onderwysers moet van daardie platform af werk,” het mnr. Pentz vertel.

Hy het reeds in 1991 by Laerkool H.M. Swart as onderwyser aangesluit.

“My doel was nog altyd om ’n goeie onderwyser te wees en ek het nooit daaraan gedink of daarna gestreef om skoolhoof te word nie.

“Daar was manne voor my wat diep spore getrap het waarin ek kon volg.

“Vir ’n beter voorbeeld kon ek nie vra nie,” het hy vertel.

Mnr. Pentz glo die pos as skoolhoof het op die regte tyd in sy lewe gekom en dat hy nou eers opgewasse vir die taak is.

Hy meen hy sou ’n paar gelede nog te jonk en nie genoeg voorbereid gewees het nie.

“Die kinders is nou uit die skool en dit is vir my ’n lekker uitdaging,” het hy gesê.

Mnr. Pentz is reeds in 2007 as adjunkhoof aangestel, maar is al in 2005 as departemensthoof aangewys.

Hy het self aan rugby, atletiek en pluimbal deelgeneem.

Vandag rig hy steeds verspring en rugby af.

“HM Swart is ’n waardegedrewe skool en ons doel is om kinders ’n goeie selfbeeld te gee.

“Dit waarborg gelukkige kinders wat presteer en help dat elke kind sy of haar eie mylpale behaal.

“Ons wil ’n kind in totaliteit ontwikkel en om positief en toekomsgerig te wees.

“Die skool is reeds ’n voorloper van moderne tegnologie in die klaskamer en ons wil hierop voortbou.

“Dit help nie om net altyd met verandering by te bly nie, dit moet soms teweeg gebring word,” het hy vertel.

“Ek wil mnr. Kobus du Plessis bedank vir die blootstelling en voorbeeld wat hy vir my was.

“Dit is te danke aan die voorbeeld wat hy vir my gestel het, dat ek dié reeds goedgedrewe skool sal kan bestuur.

“Baie dankie aan my kinders en my vrou wat altyd geduldig is en my in alles ondersteun,” het mnr. Pentz gesê.

Hy glo hy het ’n goeie skool geërf het en sien daarna uit om saam met die personeel, beheerliggaam, ouers en die breë gemeenskap van Bethal die skool verder uit te bou op die vaste fondamente en norme wat reeds daargestel is.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Watch the third stage of the Secunda Rally