Ricardo bly positief na albei sy ouers se dood

Ricardo Viljoen het sy pa verloor toe hy 14 jaar oud was en sy ma verlede jaar toe hy 16 geword het.

SECUNDA – Een uit 10 000 seuns word met Perthes, ook bekend as avaskulêre nekrosem se siekte gebore.

Dit is ’n kindersiekte wat die hoof van die femur, die bal van die bal-en-potjie gewrig van die heup, beïnvloed.

Die bloedtoevoer na die groeiplaat van die been aan die einde van die femur, bekend as die epifise, werk later nie meer nie en die been versag en kan ook breek, ’n proses genaamd nekrose.

Wanneer die bloedtoevoer herstel word, kan die dooie beenweefsel weer herstel en aangroei.

Ricardo Viljoen ly aan dié siekte.

Hy is op die ouderdom van vyf met Perthes se siekte in sy regterheup gediagnoseer.

Hoewel die siekte net in die een heup ontstaan het, is daar ’n moontlikheid dat dit ook na die ander heup kan versprei.

Ricardo se ma, me. Jacqui Viljoen, het agtergekom dat Ricardo sy heupe om sy lyf swaai terwyl hy loop en het geweet iets is fout.

Hy het eers vir X-trale gegaan en die dokters het gesien dat sy regterheup kleiner as die linker een is.

Die siekte was nog net in die eerste fase en dokters het voorgestel dat hy in ’n A-vormraam vir ’n paar maande loop.

“Dit was baie ongemaklik om met die stut te loop omdat jy glad nie normaal kan loop nie.

“Ek kon nie al die goed leer en doen wat kinders van my ouderdom gedoen het nie, soos om tou te spring en op een been te hop nie,” het Ricardo vertel.

Nadat hy dié raam gedra het, het die siekte egter van fase een na fase ses vererger.

Hy is verwys na ’n spesialis in Pretoria wat voorgestel het dat hy ’n operasie ondergaan.

“Hy het gesê hy hou nie daarvan om te opereer nie, behalwe wanneer dit regtig noodsaaklik is.

“Ons moes vir drie maande wag om te kyk wat die heup doen.

“Na drie maande het die spesialis egter gesê hy sal moet opereer,” het Ricardo verduidelik.

Sy ouers het nie genoeg geld vir die operasie gehad nie en sy ma het verskeie funksies en ’n motorskou gereël om geld vir die operasie in te samel.

“Die spesialis het die heup se potjie van die femur af gesny, dit gedraai en weer met penne vasgemaak.

“Ek was ses jaar oud toe hulle die penne in my been gesit het.

“Ek moes vir ’n jaar met die penne loop,” het Ricardo vertel.

Die operasie was só suksesvol dat daar te veel been aangegroei het en die ekstra been verwyder moes word.

Daar is ’n vermoede dat die Perthes se siekte ook na sy ander heup versprei het omdat hy baie pyn het en ook begin om sy linkerheup om sy lyf te swaai.

Ricardo se pa is in ’n motorfietsongeluk dood toe ’n ander voertuig in hom vasgery het en sy ma is verlede oorlede toe hy 16 jaar was.

Sy het moontlik ’n asma- en toe ’n hartaanval gekry.

Omdat albei sy ouers dood is, beskik hy nie oor ’n mediese fonds nie en wag steeds vir die boedel om afgehandel te word.

Hy woon tans by me. Jacqui Viljoen se verloofde wat hom nou versorg.

“Ek neem elke dag soos dit kom.

“Daar is nie woorde om te verduidelik hoe ek gevoel het toe ek hoor dat my ma ook dood is nie.

“Dit was baie seer en ’n groot skok.

“My wêreld het inmekaar getuimel, want waarheen nou?

“Gelukkig is oom Henry en Gerald daar vir my.

“Hulle is nou vir my soos familie.

“As dit nie vir hulle was nie, sou ek nie vandag gewees het waar ek is nie.

“Hulle is my steunpilare,” het Ricardo gesê.

Ricardo moet weer vir ’n opvolg afspraak gaan om sy heupe weer deeglik te ondersoek.

Daar is ’n moontlikheid dat hy weer geopereer sal moet word.

Omdat hy nie oor ’n mediese fonds beskik nie, sal hy hulp nodig hê om die spesialis te kan betaal wat hom moet ondersoek.

Skakel Ricardo by 084 774 0531.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
As jy vir iets bid, moet jy daarvoor regmaak

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other