Nico en Manie vertrek na Marrokko

Nico van den Berg in aksie by die Suid-Afrikaanse Stoeiproewe wat vroeër vanjaar op Secunda plaasgevind het. Hy gaan eersdaags aan die Afrika Stoeikampioenskap deelneem.

Nico van den Berg en mnr. Manie van den Berg van Sasol Stoeiklub vertrek Maandag, 24 April na Marokko.

Nico is deel van die Suid-Afrikaanse Junior Grieks-Romeinse stoeispan en gaan aan die Afrika Stoeikampioenskap deelneem.

Dit is Nico se vierde deelname aan die Afrika Stoeikampioenskap.

Hy het in 2014 ’n silwermedalje gewen en in 2015 goud, en is as die Afrika-kampioen aangewys.

Mnr. Van den Berg, sekretaris-generaal van Stoei Suid-Afrika en die visie-president van Afrika Stoei, gaan die Afrika Stoeikongres bywoon en ook vir Nico bystaan by die kampioenskap.

 

Mnr. Manie van den Berg gaan sy kleinseun, Nico van den Berg, by die Afrika Stoeikampioenskap ondersteun en Stoei Suid-Afrika by die Afrika Stoeikongres in Marokko verteenwoordig.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Braam wen kerk se dag