Geniet vroue naweek met ’n verskil

Annelise Wiid gaan vroue van haar persoonlike liefde vir God vertel tydens die N.G. Rondekerk se vroue-naweek vanaf 12 tot 14 Mei.

Benewens haar werk as sanger, liedjieskrywer, skrywer en rubriekskrywer, tree Annalise Wiid ook landwyd as geleentheidspreker op.

Sy bied ook kampe en seminare aan.

Wiid is in die Kaap gebore en getoë.

“Ek sing liedjies en skryf stories wat uit my hart uit kom, uit my saamleef met God.

“Dit reflekteer die sweef- en die strompelkant van Christenwees.

“Daarom, glo ek, help dit ander mense op hul geloofspad.

“Dit reflekteer ook God se onuitputlike genade en begrip vir ons.

“Daarom bemoedig dit nie net gelowiges nie, maar trek dit selfs ook ongelowiges nader na Jesus toe.

“Presies hoe dit gebeur, weet net die Heilige Gees.

“Ek weet net ek staan in Sy skadu en verwonder my,” het sy vertel.

Wiid het grafiese kuns na skool gestudeer, ’n kursus waarby sy later baatgevind het omdat sy haar eie CD-omslae ontwerp en haar eie boeke illustreer.

Na ’n jaar se studie aan ’n Bybelskool in Engeland in die vroeë 80s, het sy egter grafiese ontwerp as beroep gelos en voltyds begin sing en skryf.

Sy het sedert 1993 ses solo CDs uitgebring.

Wiid gaan vroue by die N.G. Rondekerk se vrouenaweek vanaf 12 tot 14 Mei in die kerk se Ark toespreek.

Die naweek se tema is transformeer, braaf, bruid, koningskind.

Daar is verskillende tamas vir elke dag en vroue trek ook volgens dié temas aan.

Vir navrae en besprekings, skakel die kantoor by 017 631 3470.

 

 

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Two eMzinoni learners arrested for statutory rape