Johann wen goud by Suid-Afrikaanse Kampioenskap

Johann de Bruin in aksie tydens ’n ‘power-lifting’-kompetisie. Hy het vanjaar goud by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gewen.

Sedert die Ridge Times in Augustus verlede jaar oor Johann de Bruin berig het, het hy nog groter mylpale bereik.

Hy het eers verlede jaar aan “power-lifting” begin deelneem en reeds in Mei verlede jaar goud in sy gewigsklas by die Arnold-kompetisie verwerf.

Johann het op 17 Maart vanjaar in Potchefstroom aan die Suid Afrikaanse Kampioenskap deelgeneem en het sonder moeite ’n goue medalje ingepalm.

Hy het ook ’n derde plek in die 105kg-klas vir seniors behaal en algemeen vierde in die 105kg-klas geëindig.

Hy is tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap weer op dooie gewig lig, “bench press” en “squad” beoordeel.

Johann is tans ’n reserwe vir die Suid-Afrikaanse Wêreldkampioenskapspan, die Afrika-kampioenskap en die Statebond Spele.

“Ek gaan nou net hard begin oefen om volgende jaar eerste keuse vir die Suid-Afrikaanse span te wees,” het Johann gesê.

Om vir die Suid-Afrikaanse Kamioenskappe te kwalifiseer, moes hy op 27 Augustus tydens die Gautengse Kampioenskappe kwalifiseer.

Hy het goud gewen.

“In ‘power-lifting’ werk dit bietjie anders as in ander sportsoorte.

“Jy oefen hard in die maande voor die kompetisie, maar die laaste drie weke begin jy op die oefeninge afskaal sodat jou lyf kan vars wees wanneer jy deelneem,” het Johann verduidelik.

Hy het meer oor sy voorbereiding voor die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vertel.

“Ek volg nie noodwendig ’n eetplan nie.

“Gedurende normale oefentye eet jy soveel as moontlik, want dit help met energie.

“Soos die kompetisie nader kom, sal ek bietjie op suiker en koolhidrate sny, maar nie soveel dat dit my oefening te veel sal affekteer nie, om die gewig bietjie af te bring.

“Die laaste twee weke sal ek my waterinname baie optel tot die middag voor ek deelneem wanneer ek alle vloeistowwe uitsny en in Engelse sout bad die aand voordat ek gaan slaap.”

By vanjaar se Arnold-kompetisie, het hy ’n eerste plek in sy gewigsklas vir seniors behaal en ’n derde plek algemeen in swaar gewigte in sy gewigsklas.

Hy was van plan om op te hou rugby speel om net op “power-lifting” te konsentreer.

“As jy ’n rugbybesering opdoen, kan dit jou in ‘power-lifting’ beïnvloed en jy wil nie so baie kardiovaskulêre oefening doen vir ‘power-lifting’ nie,” het Johann gesê.

Hy ding steeds in die 105kg-gewigsklas mee en die volgende gewigsklas is 120kg, maar hy is nie van plan om nou al aan die hoër gewigsklas deel te neem nie.

Johann wil steeds as skeidsregter kwalifiseer.

“Ek moet vanjaar by ’n paar kleiner kompetisies as skeidsregter optree en sal dan aan die einde van die jaar ’n volwaardige provinsiale skeidsregter wees.

“Daarna sal dit sowat ’n so jaar wees voordat ek ’n nasionale skeidsregter word,” het hy gesê.

Johann se groot droom is om eendag sy eie klub te stig, maar hy wil eers genoeg ondervinding opdoen.

“Ek kyk op na ouens in enige sport wat met harde werk bo uitgekom het.

“Maak nie saak of dit gimnastiek, atletiek of ‘power-lifting’ is nie.

“Enige sportman respekteer ’n ander een wat nie alles op ’n silwer skinkbord gekry het nie en dit steeds tot bo gemaak het.

“Dit is wat ek ook wil doen,” het hy vertel wat hom gemotiveer het.

Johann se raad aan enige iemand wat sport beoefen, is: “Of die einddoel ’n loopbaan of ’n stokperdjie is, jy moet net aanhou.

“Deursettingsvermoë en selfdissipline is die fondasie vir enige sukses, of so glo ek ten minste.”

 

Lees ook: Johann kwalifiseer vir Suid-Afrikaanse kampioenskap

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Help police find family of Mozambican man who was found dead

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other