Pa en dogter van Bethal maak ’n wenspan

Luné Snyman en haar pa, mnr. Edward Strydom, skop stof op tydens vanjaar se York-tydren.

Luné Snyman en haar pa, mnr. Edward Strydom, is albei waaghalse.

Hulle het ‘n paar jaar gelede saam besluit dat hulle aan tydrenne wil deelneem.

Dié pa en dogter neem al 10 maande aan tydrenne deel.

“Ek het vir Castrol gewerk en vir Luné saamgeneem wanneer daar ‘n tydren was.

“Ons het altyd net gekyk totdat Luné op ‘n dag vir my gesê het: ‘Pappa, kom ons koop ‘n motor en begin self ry’.”

Nadat hulle een gekoop het, het hulle saam besluit dat Luné moet bestuur.

Sy en haar pa het vinnig geleer om mekaar te vertrou.

“My pa bou eintlik aan my droom.

“Ons geniet dit om saam aan die motor te werk en verbeteringe aan dit te bring.

“Wat dit nog lekkerder maak, is dat ons hele gesin soms inspring en help, veral tydens ‘n tydren.”

Mnr. Strydom is die navigator en moet ook die tydberaming regkry sodat hulle nie te vinnig of te stadig ry nie.

Alles gaan oor tyd.

Hulle het op 21 en 22 April aan die York-tydren deelgeneem.

“Ons was baie verbaas toe ons ‘n derde plek in die opeklas behaal het,” het Luné vertel.

Omdat hulle probleme met ‘n olielek gehad het, is hulle gepenaliseer en hulle moes verder aan die supertydren deelneem.

“Sodra ons groter borge kan kry, wil ons ‘n ander motor met ‘n sterker enjin kry,” het mnr. Strydom gesê.

Hul span se naam is Lunetic wat van Luné se naam afgelei is en die motor waarmee hulle jaag se naam is Bullet.

Bullet en die Lunetic-span kan by die Secunda-tydren op 19 en 20 Mei gesien word.

Skakel mnr. Strydom by 083 641 1647 as jy by die borgskap betrokke wil raak.

Lees die volle storie in vandeesweek se Ridge Times.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Diereliefhebbers en ondernemings kan nou ’n groot verskil by die Bethal DBV maak

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other