Comrades kon Bethallers nie onderkry nie

Bethal Marathonklub het 13 inskrywings gehad, maar drie atlete moes onttrek.

Van die 10 atlete wat weggespring het, het ses die marathon voltooi.

“Elke atleet wat die Comrades aanpak, het sy eie storie,” het me. Janine Botes van Bethal Maratonklub gesê.

Volgens haar is dié wedloop ’n wedloop teen jouself en verg harde werk, konsentrasie en deursettingsvermoë.

“Bethal Marathonklub se leuse is dat God daar is vir almal en dat niemand dit sonder Hom sou kon doen nie.”

“Die wedloop bly ‘n uitdaging en dit maak nie saak of jy al jou groen nommer (10 wedlope) het nie.

“As jy inskryf, wag daar vir jou harde werk en toewyding.” het me. Botes gesê.

Mnr. Pieter Botes, voorsitter van Bethal Marathonklub, het gesê hulle is trots op elke lid wat weggespring het.

“Om betyds klaar te maak, is ’n triomf op sy eie.”

Vir navrae oor Bethal Marathonklub, skakel mnr. Botes by 017 647 3200.

Die klub se atlete het die volgende tye behaal:

Johannes Sibande het sy vierde Comrades in 8:20,21 voltooi.

Jan Mabizela het sy vierde Comrades in 9:19,16 voltooi.

Heinrich Lotz het sy eerste Comrades in 9:34,09 voltooi.

Fannie Mahlangu het sy eerste Comrades in 11:13,41 voltooi.

Marietjie Lombard het haar vierde Comrades in 11:22,48 voltooi.

Corne Ras het haar negende Comarades in 11:30,47 voltooi.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Jan Mabizela van Bethal Maratonklub het sy vierde Comrades Marathon voltooi.

Corne Ras van Bethal Marathonklub het vanjaar se Comrades Marathon in 11:30,47 voltooi.

Heinrich Lotz van Bethal Marathonklub het sy eerste Comrades Marathon voltooi.

  AUTHOR
Carmen de Lange
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Buurtwag op Bethal druk hul stempel af

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other