Sonia de Jager sterf na kankerstryd

Me. Sonia de Jager is na ’n lang kankerstryd op Dinsdag, 6 Junie om 3.15vm dood.

Sy is die dogter van mnr. Piet en me. Annamarie Louw en was met mnr. Jacques de Jager getroud.

“Sonia het vir haar kinders geleef en het altyd gesê dat sy net haar kinders wou sien groot word.

“My sussie het nooit ’n skewe woord oor enige iemand gesê nie.

“Sy was tot die einde positief en het altyd geglimlag,” het me. Danel Parsons, de Jager se suster, gesê.

Haar roudiens het op 9 Junie om 12nm vanuit die A.C. Kerk Bethal-Noordgemeente plaasgevind.

Me. De Jager is die eerste keer in April 2015 met kanker gediagnoseer.

Sy is later geopereer en het ’n reeks chemobehandelings ontvang.

Haar telling het afgekom en sy het in April vanjaar vir haar laaste behandelling gegaan.

Omdat sy gekla het van erg hoofpyne en naarheid, het haar dokter haar vir ’n breinskandering gestuur.

Dit was duidelik dat sy ’n gewas op die brein gehad het.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

 

 

 

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Nuwe bestuurder van Bethal-ouetehuis glo in spanwerk