Laerskool Goedehoop leerders geniet skaak

Melanie Slabbert luister na me. Marie-Louise Storm tydens ’n potjie skaak by Laerskool Goedehoop.

By Laerskool Goedehoop is skaak nie net ’n buitemuurse aktiwiteit nie, maar dit vorm ook deel van die kurrikulum vir die gronslagfase.

Skaak as sport verg vaardigheid, reaksie en voorspelling.

Dit word gesien as die spel van konings en is ’n somer- en wintersport.

Enige leerder is welkom al kan hulle nog nie speel nie, die skool leer hulle om te speel.

Goedehoop poog ook om ’n sosiale kuierplek te skep vir die leerders en om spangees te bevorder.

Daar word ook geglo dat ’n potjie skaak voor ’n eksamen ’n baie slim idee is, omdat dit ’n leerder se insig en onthouvermoë kan laat toeneem.

 

Hier is ’n paar van die intellektuele en lewensvaardige voordele wat skaak inhou:

* Dit help met die ontwikkeling van kreatiewe, logiese, presiese, kritiese en abstrakte denke.

* Dit help met konsentrasievermoë en probleemoplossingsvaardighede.

* Dit bevorder logiese redenering wat benodig word in wiskunde en wetenskap.

* Dit help met die bewuswording van verantwoordelikhede.

* Dit verbeter emosionele vaardighede.

 

Dissipline, selfvertroue en sosiale interaksievaardighede (spanwerk) word ook aangeleer.

Skaak oefen breinkrag, sowel as fisiese krag en geheue.

Sportmanskap, motivering, beter oordeel, positiewe gedrag, positiewe selfbeeld, skoolbywoning, sosiale interaksie, ontspanning, geduld, hoflikheid, gemeenskapsbetrokkenheid en verstandelike paraatheid is almal lewensvaardighede wat bevorder word deur skaak.

Op die langtermyn bied skaak ook baie meer voordele as enige ander sportsoort, naamliks stereognotic sintuie soos vat en tas, ruimtelike oriëntasie, storievertelling, fynmotoriese vaardighede nodig vir teken, knip en plak, visuele geheue, beter oordeel, probleemoplossingvaardighede, probleemrekonstruksie, organisatoriese vermoë, reaksie en gevolgtrekkings, dit verhoog jou IK, dit oefen albei kante van die brein, verhoog kreatiwiteit, strategiese beplanning en insig word ook aangeleer deur middel van skaak en dit help met patroonherkenning.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
[BREAKING NEWS] Protesters shut down the R50 Road over unfulfilled job promises