Caitlin skenk haar lang hare vir Kansa

Me. Nadia Swiegers van Kansa en Caitlin Richards (7). Caitlin het al op die ouderdom van vyf besluit dat sy haar hare vir Kansa wil skenk. Hier hou sy die duk poniestert vas wat sy onlangs laat afsny het.

Caitlin Richards (7) droom reeds van die ouderdom van vyf daarvan om haar hare aan Kansa te skenk.

“Ek wil graag hê dat ander kinders en volwassenes hul hare moet skenk.

“Dit help mense met kanker en gee hulle hoop.”

Haar tannie het kanker gehad en is in 2016 dood.

Terwyl sy en haar ma deur foto-albums geblaai het, het sy oor haar tannie begin uitvra.

Caitlin wou weet waarom haar tannie nie hare in die foto’s het nie.

Haar ma het verduidelik dat dit weens die medisyne is wat sy moes gebruik.

Me. Vernise Richards het ook vir Caitlin vertel dat almal nie sonder hare wil rondloop nie en daarom maak hulle pruike van ander mense se hare.

Van daardie dag af wou Caitlin haar hare laat groei om dit te skenk.

Caitlin is nou sewe jaar oud en haar hare was lank genoeg om dit af te sny en te skenk.

“Ek het my mamma ook gevra dat sy haar hare moet laat groei tot dit lank genoeg is.

“Ek gaan my hare ook weer laat groei en wanneer ons hare lank genoeg is, gaan ons dit skenk.”

Hare moet 20cm en langer wees voordat dit gebruik kan word.

Wanneer jy jou hare wil afsny om te skenk, moet dit in ’n ponie bo die haarrekkie afgesny word en dan ook aan die onderkant van die ponie vasgemaak word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Me. Nadia Swiegers van Kansa en Caitlin Richards (7). Caitlin het al op die ouderdom van vyf besluit dat sy haar hare vir Kansa wil skenk. Hier hou sy die duk poniestert vas wat sy onlangs laat afsny het.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

highvelderechostandertonadvertiserAutodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Aandag alle vroue

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other