AfriForum maan munisipaliteit oor gehalte van plaaslike waterbronne

Mnr. Hennie Pretorius van die AfriForum Secunda-tak, het watermonsters van verskeie spruite en strome geneem.

Die plaaslike AfriForum-tak het Maandag, 10 Julie ’n aanmaning aan Govan Mbeki Munisipaliteit gestuur oor die voortdurende haglike toestand van die dorp se rioolaanlegte en -pompstasies.

Die aanmaning het geëis dat die munisipaliteit voor Dinsdag, 18 Julie antwoord met ’n plan om die besoedeling stop te sit.

AfriForum het tot op hede geen terugvoer van die munisipaliteit ontvang nie.

Dít volg nadat AfriForum na afloop van hul nasionale blou-en groendruppelprojek in Junie en Julie verdere ondersoeke ingestel het na die watergehalte van riviere en spruite op Trichardt, Evander, Kinross en Secunda.

Watertoetse is deur ’n geakrediteerde waterlaboratorium gedoen en ’n versoekskrif is aan mnr. Melatoe, die waarnemende munisipale bestuurder, gerig met die versoek dat die munisipaliteit dringend aandag aan die waterkwessie gee.

“Die AfriForum-tak op Secunda is bekommerd oor die toestand van dié gebiede se riviere en spruite omdat nie een van die toetse gewys het dat die water op standaard is nie.

“Die toetse dui daarop dat rioolstorting in die omgewing plaasvind,” het mnr. Hillel Coetzer, streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

AfriForum beplan om verdere stappe te neem en die nodige owerhede van die situasie in kennis te stel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Mnr. Hennie Pretorius van die AfriForum Secunda-tak, het watermonsters van verskeie spruite en strome geneem.

 

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
AfriForum help ouetehuis tydens waterkrisis