Goedehoop wen Super 12-landloop

Die seunspan is in die voorste ry Devon Schutte, Rouxvé Herbst, Wikus Venter en Johwan Jonker. In die middel is Luan Greyling, Hancke van Heerden, JC Botha, Bismarck Jansen, Marno Boshoff, Christiaan Jonker en Liam Olivier. Agter staan Xander Herbst, LJ Venter, Jean du Toit, Elgin Botterill, Tian Naudé, Gideon Thomas, Edwin Britz, Tyran Moolman en Jayden Joubert.

Laerskool Goedehoop maak weer geskiedenis en skop stof in die oë van verskeie groot skole in Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga.

Hulle is die algehele wenners van die Super 12 Landloopkampioenskap wat Saterdag, 12 Augustus plaasgevind het.

Slegs top laerskole uit dié vier provinsies kan deel vorm van Super 12, wat beteken die Goedehoop-spanne het teen die beste atlete van dié vier provinsies deelgeneem.

Die 0/10-, 0/12- en 0/13-dogters en die 0/12-seuns was die wenners in hulle ouderdomgroepe, maar op die ou einde was dit die deursettinsgvermoë van elke atleet wat die oorwinning moontlik gemaak het.

Individueel het 11 Goedehoop-atlete in onder die top ses van hulle ouderdomgroepe geëindig.

Volgens mnr. Abrie van Zyl, afrigter van dié wenspan, het sy atlete hard gewerk en het hulle van die begin van die seisoen af daarop gefokus om as Super 12-wenner uit die stryd te tree.

“Ek is veral dankbaar vir my mede-afrigters, me. Chanelle van Zijl en me. Roux-Maryn van der Berg, asook die ouers se deurlopende ondersteuning.

“Ons was op die ou einde meer ondersteuners as atlete by die Super 12-eindstryd en ek glo dit het ’n verskil vir die kinders gemaak.”

Die landloopseisoen begin weer in alle erns in die vierde kwartaal met die atlete wat solank begin voorberei vir langafstande tydens die eerste kwartaal se atletiekseisoen.

Die dogterslandloopspan is (voor) Minay Campher, Roxy-Lee Fick, Chanél Badenhorst, Elri Kruger en Nicole Keyser. In die middel is Mia du Toit, Johnke Prinsloo, Carla Botha, Tharina Viljoen, Liané Parkes, Nika Thomas en Clarise van Zyl. Agter staan Ané Botha, Sharona Klein, Deonné van den Berg, Emmarentia Viljoen, Caylin Loock, Juanita van Niekerk en Amoré Rothner.

Die seunspan is in die voorste ry Devon Schutte, Rouxvé Herbst, Wikus Venter en Johwan Jonker. In die middel is Luan Greyling, Hancke van Heerden, JC Botha, Bismarck Jansen, Marno Boshoff, Christiaan Jonker en Liam Olivier. Agter staan Xander Herbst, LJ Venter, Jean du Toit, Elgin Botterill, Tian Naudé, Gideon Thomas, Edwin Britz, Tyran Moolman en Jayden Joubert.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Goedehoop blink uit by skaaktoernooi