Plaaslike skuts trotseer die koue

Linda Adendorff lê aan vir haar goeie groepering van 10.37mm. Inlas is die teiken waarna sy geskiet het.

Skuts van die plaaslike Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildsbewaringsvereniging het op 18 Augustus die koue, winderige weer trotseer en steeds baie goeie groepering geskiet.

Die dag is goed bygewoon en is daar lekker geskiet tot 3nm, waarna die wenners aangekondig en die pryse oorhandig is.

Die uitslae is:

Manswenners: Eerste: Abri van Vreden met ’n groepering van 3.26mm.

Tweede: Fanie Viljoen 8.54mm

Derde Marisia van Vreden 9.86mm.

Vroue-wenners: Marisia van Vreden 9.86mm, Linda Adendorff 10.37mm, Marisia van Vreden 13.57mm.

Juniorwenners: Phillip Venter 15.94mm, Phillip Venter 16.87mm, Jurren van der Spuy 21.30mm.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Wilma van Vuuren

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man shot seven times