Laerskool HM Swart gholfdag by Bethal Gholfklub ‘n reuse sukses

Die span wat Saterdag se gholfdag gewen het, is Marius Pienaar (organiseerder en onderwyser by Laerskool HM Swart), Piet Uys, Pierre de Kock, Wakkie Smith, Etienne Terblanche en Charles Pentz (hoof van Laerskool HM Swart).

Laerskool HM Swart het Saterdag, 9 September ’n gholfdag by Bethal Gholfklub aangebied en die span, wat bestaan uit Piet Uys, Pierre de Kock, Wakkie Smith en Etienne Terblanch, het dié gholfdag met 50 punte gewen.

Thinus Marais, Dewald te Water, Henk Smith en Danie Nel het tweede geëindig met 51 punte, Gert van der Merwe, Willie Meyer, Weldon Strydom en Willie Strydom het derde geëindig met 53 punte en J Drosky, T Viviers, H Prinsloo en T Drosky het vierde geëindig.

Jaco Dorfling, Cobus Manders, Henri van Vuuren en Bertus Nortier het vyfde geëindig en die Oosvaalspan sesde.

Thinus Marais het die langste dryfhou gespeel en Francois Janse van Rensburg het naaste aan die pen gespeel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Francois Janse van Rensburg het naaste aan die pen gespeel. Hiér is hy by Weldon Strydom wat tweede geëindig het, Marius Pienaar (organiseerder en onderwyser by Laerskool HM Swart) en Charles Pentz (hoof van Laerskool HM Swart). Janse van Rensburg het sy prys vir Weldon gegee.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Projek voorsien sop aan Bethal-behoeftiges en -bejaardes