Johan Boshoff tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, aanranding en ontvoering

‘n Man wat sy vriendin verkrag, aangerand en ontvoer het, Johan Boshoff (42), is op 30 Augustus tot 25 jaar tronkstraf gevonnis in die Secunda Landdroshof.

Boshoff en sy vriendin was vir bykans vyf jaar in ‘n verhouding.

Die vriendin het ook ‘n saak van poging tot moord teen hom oopgemaak.

Die misdrywe het oor vyf jaar plaasgevind en die laaste keer was in Februarie 2014 by Trichardsfonteindam.

Sy vriendin het toe al die vorige sake wat sy teruggetrek het, weer heropen en Boshoff is in hegtenis geneem.

Hy is op 14 aanklagtes gevonnis en sal sy vonnis samelopend uitdien.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Ridge Times

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Go Purple op Trichardt help met genesing na verkragting en geweld