Ondersteun Bethal DBV se vlooimark

Die plaaslike DBV bied Saterdag, 30 September ’n vlooimark aan.

Die plaaslike DBV bied Saterdag, 30 September ’n vlooimark aan.

Dit word voor die DBV in Jabulanistraat, skuins oorkant Midnight Motors, gehou.

Belangstellendes is welkom om hul ware daardie dag uit te stal.

Alle produkte moet egter eers vooraf goedgekeur word.

’n Vlooimarkstalletjie kos R100 en R50 ekstra indien ’n kragpunt voorsien moet word.

Die mark word vanaf 9vm tot 2nm gehou.

Afsnydatum vir besprekings en betaling is Maandag, 18 September.

Belangstellendes kan me. Wilma Wolmarans skakel by 079 903 9970 of haar epos by wolmaranswilma@gmail.com.

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Minna lei weer Bethal DBV se komitee