Rowers slaan toe langs die viswater

‘n Rustige langnaweek langs die viswater het vir ‘n groep familie en vriende Maandag in ‘n nagmerrie ontaard toe hulle in die vroeë oggendure deur rowers aangeval, aangerand en beroof is.

Die groep van sowat 12 mense het die afgelope langnaweek by ‘n kampeerterrein in Witbank gaan kamp en Vrydagoggend vroeg reeds kamp opgeslaan.

Sommige van die groep het in ‘n karavaan geslaap en ander in tente, maar almal op een staanplek.

Mariaan van Wyk, 52, van Brakpan-Noord, het Dinsdagoggend aan die Brakpan Herald vertel dat die hele onaangename voorval eintlik onwerklik voel.

“Ons het almal gegaan om bietjie stoom af te blaas en te ontspan. Toe word alles binne ‘n oogwenk op sy kop gekeer.”

“Die hele angswekkende voorval het eintlik so onwerklik gevoel. Dit is moeilik om dit te beskryf. ‘n Mens kom eers na die tyd tot verhaal en besef dan dat ‘n mens eintlik nêrens meer veilig is nie.”

Mariaan vertel dat daar baie mense gekampeer het en dat hulle groep vir geen oomblik onveilig gevoel het nie.

“Die tente en karavane was baie na aan mekaar en ‘n vrolike atmosfeer het geheers.”

“Ons groep het onsself geniet en lekker ontspan.”

Mariaan was Sondagaand saam met haar skoonsuster, Mara Groenewald, 53, en dié se seun, Christopher, 32, asook haar suster, Ronel Nell, 47, die laaste mense wat om die kampvuur gesit en kuier het, nadat al die ander volwassenes en kinders reeds gaan slaap het.

“Ons het rustig gesit en gesels en so 1vm (Maandagoggend) ook gaan slaap.”

Mariaan vertel dat sy ‘n rukkie daarna wakker geword het toe haar man, Nico, 58, opgespring het.

“Ek het ‘n rumoer buite gehoor en opgelet dat Mara en Ronel nie meer in die karavaan was nie.”

“Toe ek buite kom was dit ‘n deurmekaarspul en ‘n geskarrel in die donker.”

Die aanvallers het toe reeds toegeslaan. ‘n Gewapende booswig, wat tussen die karavaan en ‘n tent geskuil het, het vir Nico beveel om plat te lê en het ‘n vuurwapen op hom gerig.

“Dít het gevolg nadat Nico uitgegaan het toe hy gehoor dat Christopher benoud sê dat iemand hom met ‘n hamer slaan,” het Mariaan vertel.

Twee ander rowers het Christopher-hulle se tent geteiken en hom met ‘n hamer op die been geslaan.

“Hulle het ook vir Fransie (Christopher se vrou) beveel om haar ring en hangertjie aan hulle te oorhandig.

“Die rowers het ook Christopher se beursie en selfoon geneem.”

“Alles was in ‘n warboel en het vinnig gebeur,” het Mariaan vertel.

Op ‘n stadium het iemand van ‘n kampplek langs ons geskreeu, waarna die aanvallers weggehardloop het.

Volgens Mariaan was daar ten minste ses van hulle.

Christopher en nog ‘n man, wat twee staanplekke van hulle gekamp het, en glo gesteek is, is op die toneel deur paramedici behandel voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is.

Volgens Mariaan is ‘n groep jongmense, wat reg langs hulle gekamp het, ook oorval en vasgebind.

“Ek is nie seker of die ander groepe ook van hul besittings beroof is nie.”

Mariaan sê dat hulle gewag het totdat dit lig geword het, waarna hulle opgepak het en teruggekeer het na Brakpan.

“Christopher is Maandagoggend, na behandeling in die hospitaal, toegelaat om huis toe te gaan,” het Mariaan bygevoeg.

“Dit is angswekkend om te dink dat daardie groep mans ons waarskynlik gesit en dophou het, terwyl ons rustig om die kampvuur gesit het.”

“Hulle het, nadat ons gaan slaap het, net ‘n rukkie gewag voordat hulle toegeslaan het.”

“Ons is dankbaar dat ons almal, behalwe Christopher, ongedeerd daarvan afgekom het,” het Mariaan gesê.

Caxton News Service

Read original story on brakpanherald.co.za

International News

highvelderechostandertonadvertiserAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other