Flytige Vinke-markdag samel geld in vir Silwerjare Tehuis vir Bejaardes

Me. Babs Jacobs, me. Crousie Venter en me. Stienie van Rooyen is gerat vir die Flytige Vinke-markdag by die Silwerjare Tehuis vir Bejaardes op Bethal.

Die Flytige Vinke-markdag het Saterdag, 25 November gesorg vir pannekoek en genoeg ander eetgoed om die koue te verdryf by Silwerjare Tehuis vir Bejaardes.

Daar was onder andere babaklere, popklere, kombersies en tafellappies in brei- en hekelwerk.

Ander handgemaakte artikels soos speelgoed in helder kleure het ook die aandag getrek.

Die bestuur van die tehuis beplan om die verkopings op ’n gereelde basis aan te bied om geld vir die tehuis in te samel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Projek voorsien sop aan Bethal-behoeftiges en -bejaardes