Susan kort nog R3 000 om seun te begrawe na hy in Bethal Gevangenis vermoor is

Mnr. Jan Kruger is op 7 November dood in sy sel in Bethal Gevangenis aangetref.

Die polisie en Bethal Korrektiewe Dienste kan bykans ’n maand ná mnr. Jan Kruger se dood in Bethal Gevangenis, steeds geen antwoorde oor sy dood gee nie.

Mnr. Kruger is op 7 November dood in sy tronksel aangetref wat hy met nege ander gevangenes gedeel het.

Nadat die Ridge Times die publiek vir hulp gevra het om mnr. Kruger te begrawe, is R3 000 vir sy roudiens ingesamel.

Die verassing kos egter R6 000 en me. Deysel benodig nog R3 000.

’n Plaaslike begrafnisdiens wat graag minderbevoorregte mense met begrafnisse help, het reeds die diens Maandag, 4 Desember waargeneem hoewel hulle nog nie die volle bedrag gehad het nie.

As jy wil help, skakel me. Deysel by 076 901 4430.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

 

Man vermoor in Bethal Gevangenis, bewaarders sê hy is verwurg

 

 

Ma soek steeds antwoorde na haar seun se dood in Bethal Gevangenis

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Ma soek steeds antwoorde na haar seun se dood in Bethal Gevangenis