Brand breek in Laerskool Secunda-klaskamer uit

‘n Brand het gister, 11 Januarie in een van die Gr. RR-klaskamers by Laerskool Secunda uitgebreek.

Volgens mnr. Johan Malan van AfriForum Buurtwag wat ook op die toneel was, het ‘n deel van die muur, ‘n tafel, lêers en papiere gebrand.

“Die vuur het nog gesmeul toe ons daar aangekom het en ons het dit met water geblus,” het hy gesê.

Volgens die skoolhoof, me. Marietha Cole, het ‘n gekwalifiseerde suster, wat elke oggend om 6vm by die skool is, die rook gesien toe die brand om 6.20vm uitgebreek het en sy het die brandweer in kennis gestel.

“Ons het ‘n onafhanklike ondersoek laat doen en wag nog vir die verslag, maar volgens mondelingse terugvoer, was daar geen nalatigheid of vuilspel of brandstiging nie,” het me. Cole gesê.

“Die assessor en kontrakteurs kom reeds Saterdag om te begin met herstelwerk en die skool is gerat om die skade te hanteer.”

Me. Cole het die vorige dag nog in die spesifieke klas gestaan saam met die onderwyseres wie se klas dit is en gekyk hoe mooi sy die klas gemaak het vir die nuwe skooljaar.

Me. Cole het die publiek gevra om op te hou om te spekuleer oor wat gebeur het en eerder met haar in verbinding te tree as hulle vrae het.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Refuse in Secunda CBD piles up

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: