Rethabile en Nicole is Hoërskool Oosterland se kokke van die jaar

Nicole Uithaler en Rethabile Kome (wenners van vanjaar se Oosie-sjefkompetisie) saam met Tannie Poppie Coetzer (bekende kosmaker).

SECUNDA – Rethabile Kome en Nicole Uithaler is Saterdag gekroon as die 2018 Oosie-sjefs.

Dié twee het veral punte versamel met hul voorgereg, waarvoor hulle die prys vir die beste voorgereg gewen het.

Rethabile het gesê dit beteken vir haar baie om die kompetisie te wen.

“Ek wil graag ‘n sjef word en ek voel nou meer selfvertroud en vasberade om dit my loopbaan te maak.”

Nicole het vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem.

“Ek weet nie of ek ‘n sjef wil word nie, maar ek het die dag baie geniet.”

Dit was die vyfde jaar dat Hoërskool Oosterland se verbruikerstudieleerders om dié gesogte titel meegeding het.

Vanjaar se tema was partytjie om in te pas by die skool se 30ste verjaardag.

Die beoordelaars is Tannie Poppie Coetzer van “Kokkedoor”-faam, me. Lindie Stander (gebeurekoördineerder van ’n nasionale bank), Sumari Langenhoven (verlede jaar se wenner) en me. Zelda Steyn.

Tannie Poppie Coetzer, Kriel se bekende kosmaker wat vierde gekom het in die eerste “Kokkedoor”-kompetisie op KykNet en reeds twee resepteboeke agter haar naam het, was weer eens die aanbieder en een van die beoordelaars.

Haar mede-beoordelaars was me. Lindie Stander, ‘n kok en die gebeurekoördineerder van ‘n plaaslike nasionale bank, me. Zelda Steyn, koskenner en eienaar van ‘n gastehuis, en Sumari Langenhoven, wenner van verlede jaar se Oosie-sjefkompetisie.

Tannie Poppie het vir die deelnemers ‘n demonstrasie gegee oor eenvoudige, maar lekker voorgeregte, asook hoe om ‘n Skotse eier as hoofgereg te maak, die einste dis waarmee sy destyds uit die “Kokkedoor”-kompetisie geval het.

Dié keer het sy dit egter perfek voorgesit saam met kleurvolle roerbraaigroente.

Me. Stander het demonstrasies gegee oor nageregte wat gemaak is uit die bestanddele wat elke span in hul kookpakkies ontvang het.

Dié disse het druiwesop en roomys, en selfs ‘n nagereg wat botterskorsie bevat, ingesluit.

Die leerders het self ook met interessante skeppings probeer beïndruk, soos spinasiepakkies gevul met maalvleis, gekarameliseerde uie, en selfgemaakte piesangroomys.

Sommige waagstukke het gewerk, terwyl ander nie suksesvol was nie.

Jaydon Brooks klop die kaassous tot fluweelglad.

Jaydon Brooks en Liam van Niekerk se hoofgereg was ‘n feesmaal vir die beoordelaars. Dit was veral Jaydon se fluweelgladde kaassous wat saam met aartappelskywe opgedien is en oor mini-frikadelsosaties gedruip is, wat almal laat smul het.

Hulle het roomspinasie bygevoeg vir kleur en smaak. Dié bord het vir hulle die prys vir die beste hoofgereg besorg.
Reece Palmer en Sheldon Vermeulen het met ‘n Rocky Road-roomys die beste nageregprys verower.

Reece Palmer en Sheldon Vermeulen klink ’n glasie bessiesap op hul beplande spyskaart vir die kompetisie.

Bernice Delport en Danelle Maritz se noukeurigheid en detail het gesorg dat hulle die prys vir die beste tafel gewen het. Hulle is ook die algehele naaswenners, met Reece en Sheldon in die derde plek.

Bernice Delport en Danelle Maritz se aandag aan detail het hulle goeie punte besorg. Hulle het algeheel tweede geëindig.

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Raak by Afriforum se buurtwag betrokke in Evander

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: