Amor Bruwer van Secunda gee nie om as mense uitvra oor haar een arm nie – moet net nie agterna staar nie

Me. Amor Bruwer se hand staan vir niks verkeerd nie.

SECUNDA – Moenie staar en fluister nie, vra eerder reguit wat skort. Só vra me. Amor Bruwer.

Sy is sonder ’n regterarm gebore, maar daar is min dinge wat sy nie kan doen nie. Die twee bene in haar arm het effens uitgegroei, wat baie aan vingers herinner en wat sy dan ook inspan as ekstra hulp wanneer sy goed moet vashou.

Dit frustreer haar wanneer mense dink sy is nie in staat om eenvoudige take uit te voer nie.

“Ek sukkel wel met hare en skoenveters vasmaak, daarom sal jy nie sommer skoene met veters by my of die kinders kry nie. My man, Eduard, maak my hare vas. As hy nie by is om met ons dogtertjie se hare te help nie, stuur ek maar net die rekkies saam skool toe,” het sy vertel.

Me. Bruwer is 26 jaar gelede in Parrow gebore as die jongste van mnr. Johan en me. Eweleen Geldenhuys se drie dogters.

“Ons het nie geweet dat sy met net een arm gebore gaan word nie. Net voor my keisier was die baba nog baie woelig en ek was bekommerd sy gaan raakgesny word en sterf. Toe hulle haar vir my bring en uittrek sodat ek die armpie kon sien, was ek eintlik verlig dat sy lewe,” het me. Geldenhuys vertel.

Me. Bruwer het as fetus ’n beroerte in die baarmoerder gehad wat die groei aan haar regterkant vertraag het. Haar regterbeen is ook korter en die voet kleiner as die een aan die linkerkant.

Lees ook: Bianca Fourie moet dringend operasie vir skoliose kry #HelpBiancaFourie

Sy het ook nie ’n sleutelbeen in haar regterskouer nie.

“Alle aanduidings was ook daar dat sy eintlik regs was en moes dus geleer word om haar oorkruising te verander na links.”

Me. Bruwer het as kind verskeie operasies ondergaan. Haar rug was 43 grade gedraai en dit moes onder die mes herstel word. Haar linkerknie is geopereer om die groei daarin te stuit sodat dit gelyk met haar regterknie kon wees.

Die Geldenhuyse het hul dogter so normaal as moontlik probeer grootmaak. Sy het van kleinsaf geleer om haar eie bed op te maak en dinge vir haarself te doen.

Wanneer hulle haar wel probeer beskerm het, soos om die ketel en messe van haar af weg te hou, het sy dit gebruik wanneer hulle nie tuis was nie. M

Me. Bruwer is knap in die kombuis, hoewel sy haar man nog bietjie senuweeagtig maak wanneer sy ’n skerp mes in haar stompie vashou.

Sy het op Ellisras begin skoolgaan en maklik maats gemaak. Die kinders het haar geken en aanvaar.

Toe die gesin egter na Thabazimbi getrek het, het sy moeilik aangepas.

Me. Amor Bruwer en haar dogtertjie, Natasha

“Ek is baie gespot. Kinders kan onnodiglik lelik wees omdat hulle nie verstaan nie. Ouers moet eintlik hul kinders leer dat om anders te wees, ook aanvaarbaar is.”

Die gesin het later na Secunda verhuis en sy het in 2010 aan Hoërskool Oosterland gematrikuleer. Sy was ’n kranige tennisspeler vir Oosterland. Sy het ook op skool geswem.

Me. Bruwer is tans ’n administratiewe klerk by Sasol Mynbou. Sy tik 45 woorde per minuut, kan brei en motor bestuur en vind haar eie manier om haar kinders te versorg.

Sy en haar man het mekaar by die jeuggroep van die Evander Pinkster Protestante Kerk ontmoet. Hulle was eers vir ’n jaar vriende voordat hulle begin uitgaan het.

“Eduard het goed verstaan waarvoor hy hom inlaat. Hy vergeet nou al selfs dat daar wel dinge is wat ek nie kan doen nie. Hy is die een wat kwaad word as mense my aanstaar of agterna staar as ons verbystap. Dit pla my, maar ek loop al langer met dit as hy.”

Die egpaar het twee kinders, Johan (5) en Natasha (2).

“Ek het aan die begin gesukkel om ’n doek te ruil, maar nou is dit maklik.”

Me. Bruwer is as pre-tiener die opsie gebied om die stompie te laat amputeer en prostese te kry, maar het dit van die hand gewys.

“Die Here het my so geskape. Ek wou weet wat van daardie deel van my liggaam wat afgesny word, sou word. Ek glo iewers is daar ’n groter doel oor waarom ek so gebore is.”

Me. Bruwer se grootste vrees is dat haar eie kinders geboelie of afgeknou sal word oor haar voorkoms.

“Kinders kan baie wreed wees, maar dis omdat ouers ook nie weet hoe om dit te hanteer as iemand met ’n gebrek hulle vooroordele beproef nie,” het sy gesê.

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Local runners complete the Two Oceans

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: