Helpende Hand reik uit in Secunda

Me. Geraldine Stoffberg (voorsitter van Helpende Hand se Secunda-tak) by me. Koekie en mnr. Koos Barnard met van hul min besittings wat oorbely het na ’n brand in hul woonstel vroeër in Mei.

SECUNDA – Helpende Hand en AfriForum Jeugtak het hande geneem en mnr. Koos en me. Koekie Barnard se woonstel by Davieshof, wat op 5 Mei gebrand het, se woonstel reg te maak.

Me. Geraldine Stoffberg, voorsitter van Helpende Hand se Secunda-tak, het die slaapkamer oorgedoen, terwyl AfriForum Jeugtak onder andere die badkamer en sitkamer herstel het.

Die egpaar se vier kleinkinders, onderskeidelik 18 maande, vier, vyf en 11 jaar oud, het by hul oupa en ouma gekuier en oorgeslaap toe die brand ontstaan het.

Een van die kleinkinders het wakker geword toe die bank in die sitkamer begin brand het en het geskree. Mnr. en me. Barnard het wakker geword en die kinders vinnig na buite geneem en met ’n brandslang en brandblussers die vuur probeer blus.

Teen dié tyd was meeste van hul besittings egter reeds gebrand en alles het na roet geruik.

Die egpaar kan hul klere dra na dit baie keer gewas is, maar hulle het hul meubels, matte, komberse en ander items verloor.

Helpende Hand en AfriForum Jeugtak het deur insamelings meeste van dié items vervang.

Die egpaar het almal wat gehelp het om hul woonstel weer reg te maak, bedank.

Ander projekte waarmee Helpende Hand en AfriForum Jeugtak besig is, is om ’n gholfdag te beplan om te help om Bianca Fourie wat Vrydag, 1 Junie ’n rugoperasie ondergaan, se ekstra koste te help dek en beplan ook om vir haar ’n tablet te kry om haar skoolwerk makliker te maak na die operasie as sy net mag lê en staan.

Helpende Hand se Ons Winkel, wat verlede jaar oopgemaak het, moes sy deure sluit omdat daar nie genoeg geld was om die huur en ander uitgawes te betaal nie.

Bejaardes se woonstel brand by Davies Court, jonges staan hulle by

[VIDEO] Gr. 9-leerder van Hoërskool Oosterland moet dringend operasie kry

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
A beginner’s guide to the newly promoted clubs

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: