Kol. Willie Nel is nou assistent groepbevelvoerder

Kol. Willie Nel was vir die afgelope 21 jaar die stasiebevelvoerder van Secunda Polisiestasie.

SECUNDA – Kol. Willie Nel het die afgelope 21 jaar seker gemaak dat sake by die Secunda Polisiestasie vlot verloop.

Hy is op 1 Mei 1997 as stasiebevelvoerder van dié polisiestasie aangestel en het op 1 Junie vanjaar die leisels as die assistent groepbevelvoerder by die stasie oorgeneem.

Hy is nou by 13 polisiestasies betrokke.

Kol. Nel het gesê die hoogtepunt in sy polisieloopbaan was om vir 21 jaar by een polisiestasie betrokke te wees en hy sien uit na die nuwe uitdaging.

“Die voordeel daarvan om so lank by een polisiestasie te wees, is dat jy naderhand presies weet hoe alles werk en die stasie in ’n goeie rigting kan neem – soos ’n goed geoliede masjien,” het kol. Nel gesê.

Sy loopbaan in die polisie het na skool begin toe hy vir ses maande na die polisiekollege gegaan het en daarna op Ficksburg gestasioneer was.

Hy het vyf jaar op Ficksburg gewerk, drie jaar op Clokolan en twee jaar in Pretoria.

Hy het in 1993 na Bethal verhuis en by Bethal Polisiestasie as stasiebevelvoerder gewerk.

Secunda was sy volgende bestemming en die hoogtepunt van sy loopbaan.

Kol. Nel tree oor bietjie meer as ’n jaar af wanneer hy 60 jaar oud is.

Hy het in sy 21 jaar op Secunda al moeilike tye deurgemaak en is in 2013 met kolonkanker gediagnoseer.

Hy het nie eers tyd gehad om dié nuus te verwerk nie, want toe die dokter in Pretoria hom gediagnoseer het, is hy sommer dieselfde dag geopereer en ’n deel van kol. Nel se kolon is verwyder.

“Volgens die dokter was my dikderm oortrek met die kanker en dit was op die punt om na my organe te versprei,” het kol. Nel vertel.

“Dit is waarom die dokter dadelik geopereer het.”

Na die operasie moes kol. Nel vir ses maande chemobehandeling ondergaan. Hy is nou in resessie.

“Ek is nou gesonder as voor die kanker.

“Voordat ek kanker gehad het, het ek met hoë bloeddruk en jig (gout) gesukkel.

“Die kanker was ’n moeilike pad, maar ek is daardeur.”

Kol. Nel het gesê hy sal altyd die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se insae en hul suksesse by die Secunda Polisiestasie waardeer.

Hy het veral mnr. Tas van Staden wat die eerste GPF-voorsitter was en gehelp het om die GPF op die been te bring, bedank.

“Die sakesektor op Secunda het ook ’n groot rol gespeel in my 21 jaar as stasiebevelvoerder, met Sasol wat een van die grootste bydraes gelewer het.

“Ek wil ook erkenning gee aan ons reserviste onder leierskap van kapt. Flip van Zyl wat na 35 jaar diens in die polisie afgetree het.

“Kapt. Van Zyl en sy span het ook ’n groot rol in al die polisie-aktiwiteite gespeel en moet bedank word.

“Die sektorkoördineerders en sektorlede wat snags ons gebied patrolleer, dra ook by tot die veiligheid van Secunda.

“Dankie aan die bykans 150 personeellede van Secunda Polisie wat die afgelope 21 jaar saam met my gewerk het en lojale diens aan my en die stasie gelewer het.”

Kol. Nel het sy vrou, me. Corrie Nel, en hul twee kinders bedank omdat hulle hom altyd bygestaan en ondersteun het deur die jare.

“Om ’n stasiebevelvoerder te wees, is ’n taai en baie verantwoordelike werk en my gesin was altyd daar vir my.

“Ek dank die Here vir sy teenwoordigheid in my lewe.”

Kol. Nel is ’n kranige jagter en meganikus in sy vrye tyd.

Hy is handig met sy hande en as hy nie jag nie, maak hy trofees uit wapens wat selfs deur oorsese jagters by hom bestel word.

Een van die trofees wat kol. Willie Nel maak.

Sy ander liefde is om ou Lister-enjins reg te maak.

Hy geniet dit om dié enjins wat in stukke by hom aankom, weer aanmekaar te sit en reg te maak.

Hy kweek ook groente en huur grond tussen Trichardt en Bethal waar hy die groente kweek en graag tyd oor naweke bestee.

Kol. WIllie Nel by een van die enjins waaraan hy graag werk.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Locals looted coal on the Morgenzon/Bethal road after angry protesters forced a truck driver to offload the coal

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: