Hendrik bly lief vir rugby na ’n fratsongeluk in 2010

Nadat ’n gebedsketting vir Hendrik van Staden begin is, het dié MRI-skandering getoon dat die breuk in die T7-rugwerwel weg is.

SECUNDA – Al het hy as tiener baie seergekry in ’n rugbywedstryd, bly mnr. Hendrik van Staden lief vir dié sport en sal hy selfs sy vierjarige seuntjie aanmoedig om dit te beoefen.

“Ek sal beslis vir Doandré ondersteun, want ek glo dit wat met my gebeur het, was ’n fratsongeluk. Ek het daardie oomblik al so baie in my kop oorgespeel. Ek ken die rugbyreëls baie goed omdat ek ’n skeidsregter is en ek kan opreg sê dit was werklik net ’n frats.”

Mnr. Van Staden was 15 jaar oud toe hy in 2010 vir Hoërskool Secunda se 0/16-span in ’n tuiswedstryd teen Volksrust uitgedraf het. Die ongeluk het gebeur toe hy met die bal gehardloop het en ’n teenstander hom in ’n pletterval grond toe getrek het.

“Ek het op my rug gedraai en die bal teruggestoot. Op ’n manier het my bene oor my kop beland en was die hele losgemaal bo-op my. Ek het ’n vinnige pyn gevoel en toe niks. Ek het van my heupe af geen gevoel gehad nie.”

Sy pa, Hendrik, was ’n vlagman by die wedstryd en sy ma, Rianna, het foto’s geneem.

“Hulle het dadelik besef daar is fout. Die ambulans het my na die Mediclinic Highveld vervoer.”

X-strale is geneem en die dokter het bevestig dat die T7-rugwerwel gebreek is en die T6-werwel beseer is.

“Hy het nie geweet of ek weer sou kon loop nie. Ek het nou nog die X-strale wat wys waar die werwel gebreek is.”

Die Van Stadens het dadelik ’n gebedsketting vir hul seun begin en mense van so ver as die Kaap het saamgebid.

“My pa het eenvoudig net volhard dat God groter is as die probleem,” het mnr. Van Staden vertel.

“Ek het eers die werklikheid van als besef toe ER24-ambulansdienste my na die Unitas Hospitaal vervoer het. Ek het daar emosioneel geraak en gestres oor wat voorlê.”

Hy is die Saterdagaand in die hoësorgeenheid opgeneem. Van Staden het gesê sy pa het weer gebid toe al die medici wat kom vertel het hoe erg die besering is en die besoekers wat kom bid het, uiteindelik weggegaan het.

“My tone het skielik geroer en ek het prikkels in my onderlyf gevoel. Die Sondagoggend toe ek vir die skandering geneem is, was daar geen teken van ’n breuk nie. Die volgende dag is ek na die algemene saal oorgeplaas en ek is die Woensdag ontslaan.

“Toe kon ek reeds rondbeweeg, maar is wel gemaan om so veel as moontlik bedrus te kry.”

Die ongeluk en sy verbasende herstel het destyds die voorblaaie van dagblaaie gehaal.

Mnr. Van Staden het van toe af tuisonderrig ontvang en het weggebly van rugby af. Dit het egter nie sy liefde vir die spel gedemp nie en hy het dadelik ingestem toe André Watson, Suid-Afrikaanse skeidsregter, hom gebel het met ’n aanbod om hom as ’n skeidsregter op te lei.

Mnr. Van Staden het skaars sewe maande later as vlagman by ’n wedstryd opgetree en het die volgende seisoen sy eerste wedstryd geblaas.

Sedertdien het hy by elke wedstryd wat hy behartig het, vir die spelers vooraf vertel wat met hom gebeur het en hulle aangemoedig om te dink wanneer hulle ’n wedstryd speel.

Mnr. Van Staden meen dat hy nou baie meer perspektief het sedert hy ’n skeidsrgter geword het en daarom kan hy nie meer net vir ’n rugbyspan skree nie.

“Wanneer ek nou na ’n Super-rugbywedstryd kyk, kyk ek eerder na wat die skeidsregter doen as na ’n gunsteling span.

“Ek glo ek is deur ’n wonderwerk genees. Dit het ’n reuse impak in my lewe gemaak. Ek is elke oggend dankbaar dat ek nog kan loop.”

Mnr. Van Staden is ook ’n oefeninstrukteur by die Sasol-gimnasium en hou daarvan om fiks te bly, want hy het vanjaar sy skeidsregtersfluitjie vir eers opgehang om op sy werk, studies en sy vrou, Marinda, en seuntjie te fokus.

“Maar die dag as Doandré op die veld draf, sal ek daar wees en hom aanmoedig. Ek dink hy gaan goed vaar as rugbyspeler.”

Dié X-straal is geneem kort ná die ongeluk. Dit wys ’n dwarsbreuk in die T7-rugwerwel.

Mnr. Hendrik van Staden het as tiener in die Unitas Hospitaal beland weens ’n rugbybesering.

Mnr. Hendrik van Staden het as tiener in die Unitas Hospitaal beland weens ‘n rugbybesering.

Mnr. Hendrik van Staden saam met sy vrou, Marinda, en seuntjie, Doandré.

Nadat ’n gebedsketting vir Hendrik van Staden begin is, het dié MRI-skandering getoon dat die breuk in die T7-rugwerwel weg is.

Pas ná die 15-jarige Hendrik van Staden beseer is. Hy lê heel regs op die foto. Sy ma het die foto van oorkant die veld geneem.

Mnr. Hendrik van Staden as jong skeidsregter.

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Thick Queens bring own range to the ramp

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: