Springs onderwyser dood aan longontsteking

Mnr. Brian Boucher (met sy rug na kamera) wat vir 15 jaar by Hoërskool Oosterland se orkes betrokke was met afrigting, is Vrydagmiddag, 27 Julie aan longontsteking dood.

SECUNDA – Mnr. Brian Boucher, van Springs Boys High, wat vir 15 jaar by Hoërskool Oosterland se orkes betrokke was, is Vrydagmiddag dood.

Volgens me. Liné de Vries, skakelbeampte van Hoërskool Oosterland, het mnr. Boucher diep spore in die orkeslede se lewens getrap.

Hy het longontsteking gehad en was in die hospitaal toe hy dood is.

Oosterland se orkes doen jaarliks ’n konsert saam met Springs Boys High en die twee orkeste het gereed gemaak vir ’n konsert Vrydagaand op Springs toe mnr. Boucher dood is.

Hulle het besluit om voort te gaan met die konsert.

Mnr. Boucher se begrafnis vind Donderdag, 2 Augustus om 2.30nm by Springs Boys High plaas.

Me. De Vries het gesê: “Hy was die groot man met ’n klein hartjie met ’n ongekende passie vir musiek.

“Sy nalatingskap in skoolorkeste sal nog baie lank bly voortleef.

“Ons het ’n groot vriend en mentor verloor.”

Hoërskool Oosterland bied Vrydag, 3 Augustus in samewerking met Springs Boys High en Hoërskool Pretoria Oos-Moot ’n opvoering in die Johannes Stegmann Teater aan.

Dié opvoering is ’n jaarlikse instelling en die orkeslede het besluit om vanjaar se opvoering aan mnr. Boucher op te dra.

Me. De Vries het gesê dit is ’n geleentheid vir kultuurliefhebbers om na uit te sien.

Dieter Uken gaan as gaskunstenaar optree en die tema vir die aand draai om musiek uit verskeie films, soos Pink Panther en Instant Concert.

Kaartjies kos R50 per persoon en is by Hoërskool Oosterland beskikbaar.

Skakel die skool by 017 631 1091.

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Boy dies after truck hits him at water towers near Kinross

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: