Estelle Swart benodig ’n nieroorplanting

Me. Estelle Swart ontvang dialise by die sentrum op Trichardt.

EVANDER – Me. Estelle Swart is steeds positief nadat sy vir die tweede keer met kanker gediagnoseer is en haar tweede nier in Augustus verwyder is.

Haar nier moes noodgedwonge verwyder word nadat kanker ook in dié nier gediagnoseer is.

Sy is in 2016 vir die eerste keer met kanker in haar regternier gediagnoseer en dié nier, asook ’n groot deel van haar linkernier is toe verwyder.

Sy moet nou elke tweede dag vir dialise gaan omdat sy nie meer nierfunksie het nie.

Dit neem sowat vier ure vir elke sessie.

Tydens dié sessies moet sy stilsit of lê omdat die masjien baie sensitief is en die geringste beweging dit kan beïnvloed.

“Ek kan wel op my skootrekenaar werk en boodskappe op my selfoon lees,” het me. Swart gesê.

“Ek kyk meeste van die tyd vir die mense om my of slaap terwyl ek dialise kry.”

Haar dieet het ook aansienlik verander en die lys van kossoorte wat sy nie mag eet nie, is lank.

“My man doen soveel moeite en berei spesiaal my kos vir my voor wat op ’n spesifieke manier gaargemaak moet word.

“Hy lees elke etiket as hy inkopies doen en ondersteun my baie.”

Kitskos en uiteet is vir eers uit vir die Swart-gesin.

Daar is baie vriende en familielede wat aangebied het om ’n nier vir me. Swart te skenk, maar volgens wet mag sy eers oor vyf jaar ’n nieroorplanting kry omdat hulle wil seker maak sy is kankervry voordat sy een kry.

Sy sal dan dialise moet kry totdat sy ’n nieroorplanting kan kry.

“As ’n mens ’n nuwe lewer nodig het, kan jy dadelik een kry, dit is net met nieroorplantings wat hulle so streng is.

“Ek voel as daar iemand is wat vir my ’n nier wil skenk, moet ek ook die voorreg hê dat hulle dit dadelik vir my kan skenk.

“’n Nieroorplanting is net so groot risiko vir die skenker as vir die ontvanger.”

As die ontvanger se liggaam die nier verwerp, kan dit lewensgevaarlik wees en me. Swart besef as enige iemand vir haar ’n nier skenk, maak hulle ’n reuse opoffering.

“Dan het daardie persoon net een nier oor en wat as daardie nier dan probleme gee.”

Sy is dankbaar dat soveel mense aangebied het om ’n nier te skenk.

Volgens me. Swart het dokters in Amerika nou ’n bioniese nier gemaak wat die funksies van die nier oorneem, maar dit sal eers oor sowat twee jaar beskikbaar wees.

Sy het ook verskeie ander opsies oorweeg sodat sy nie vyf jaar of langer vir ’n nieroorplanting sal hoef te wag nie.

Sy het oorsese dokters van onder andere Indië, Jordanië en Namibië gekontak om te hoor of hulle nie dadelik ’n nieroorplanting kan doen nie en hulle is bereid en wag vir me. Swart se mediese geskiedenis voordat hulle verder kan onderhandel.

Ms Swart het ook ’n brief aan die minister van gesondheid geskryf oor die vyf jaar wagtydperk wat nodig is vir ’n nieroorplanting.

“Ek oorweeg al my opsies en sal aanhou soek en navraag doen totdat ek iets regkry.

“Ek wil mense ook meer bewus maak van orgaanskenking, want ek voel daar is baie siek mense wat vinniger gehelp kan word.

“Watter groter gawe is daar as om vir iemand lewe te gee?”

Die dialise maak haar baie moeg en dit is vir haar ’n uitdaging om lang ente te loop, maar me. Swart wil so gou as moontlik weer begin werk.

“Ek het vir die dokter gevra wanneer ek weer kan begin werk en hy het gesê ek kan werk soos en wanneer my liggaam dit toelaat.”

Me. Swart is steeds by al haar projekte betrokke, soos onder andere Kansa, die Thuthuzela Omgee-sentrum by Evander Hospitaal en haar Little Angels-projek.

Lees ook:

Estelle Swart, DA councillor donates handbags to the Thuthuzela Care Centre

Sy sal vandeesweek haar pos as raadslid by die DA, asook dié van opsigter van ’n blok woonstelle hervat.

Me. Swart werk ook tans aan haar eerste boek waarin sy haar storie vertel. Sy loop al twee jaar met die gedagte rond om ’n boek te skryf en het uiteindelik haar gedagtes en emosies op papier begin neerpen.

“Ek wil hê mense moet weet dat kanker nie ’n doodsvonnis is nie.

“Baie mense is in ’n donker put as hulle met siektes gediagnoseer word, ek kyk vanuit ’n ander oogpunt as die meeste mense na dié dinge.

“Ek het besluit met die Here aan my kant, gaan ek dit oorwin.

“Ek is dankbaar vir elke dag wat ek nog my oë kan oopmaak in die oggende en asemhaal.”

Stilsit is nie deel van me. Swart se woordeskat nie.

Lees ook:

Estelle Swart vat nuus oor kanker met waardigheid

  AUTHOR
Jana Oosthuizen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Estelle Swart vat nuus oor kanker met waardigheid

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: