Boer van Kinross gaan gebuk onder verliese wat hy weens plastiek-storting ly – Video

KINROSS – Vyf melkkoeie en sowat 40 skape het al sedert verlede jaar weens plastiekinname op mnr. Buks Symington se plaas gevrek.

Boonop is 50 hektaar van sy weiland al heeltemal onbruikbaar soos die plastieksakke daagliks soos ’n reënbui op die grond neersak.

Hy het selfs al van sy skaapkudde ontslae geraak en hou nou net ’n handjievol skape en ’n perd of twee vir sy kinders aan.

Die vyfde Jersey-koei wat sowat twee weke gelede gevrek het, was boonop dragtig.

“Dit knak ’n mens om jou dier so te sien ly!,” het mnr. Symington ontsteld vertel.

Hy boer al sowat ’n dekade langs die ou munisipale gholfbaan. Die asgate was destyds onder beheer en was selfs vir lank buite gebruik.

“Die laaste vyf jaar is ’n plastiek- en rommelhel! Die asgate word glo deur kontrakteurs bestuur en is veronderstel om afgespan te wees, maar daar is geen beheer nie.

“Die rommel verswelg my grond en ook die eens pragtige gholfbaan loop deur.”

Mnr. Symington se verliese hoop daagliks op. ’n Jersey-koei kos sowat R22 000 elk.

Mnr. Buks Symington probeer om sy melkbeeste so lank as moontlik in die kraal te hou om te verhoed dat hulle per ongeluk plastiek inkry.

Hy ys om sy beeste in die veld te stuur om te wei en koop nou eerder bale voer aan en hou die diere so lank as moontlik in die kraal.

Dit is nie ideaal nie, maar dit is vir hom beter as om te sien hoe nog ’n bees plastiek inkry, verstop en so aaklik vrek.

“Dit is ’n lelike ding om te aanskou.”

“Praat help nie meer nie,” meen mnr. Symington. Hy het al verskeie kere by kontakteurs, Govan Mbeki Munisipaliteit, gesondheidsinspekteurs en ander owerhede sy lot gaan bekla, maar niks word gedoen nie.

“Die werkers van die kontrakteur wat die asgate in stand moet hou, raak aggressief wanneer hy hulle konfronteer.

“Ek betaal nou werkers om die erf rondom my huis, die grensheinings en die ander plekke waar die rommel gewaar kan word, daagliks op te ruim.

“Die 50 hektaar hier agter die huis wat naby die asgate is, het welige weiding, maar ek durf nie ’n dier daar instuur nie.”

Volgens mnr. Symington word die natuurlewe en veral die voëls wat voorheen by die gholfbaan se damme gebroei het, ook nie ontsien nie.

“Ek het al verskeie voëls probeer red wat in plastiek verstrengel was,” het hy vertel.

Rommel, veral plastiek, is in byna elke hoekie en rietbedding van die dam te vinde.

Só lyk die munisipale gholfbaan se damgebied.

Buiten ’n paar bleshoenders en ’n wilde eend of twee, is hier bykans geen voëllewe meer te bespied nie.

Selfs ’n beeswagter wat vanuit die township se rigting met sy beeste aangestap kom, is omgekrap omdat so baie van sy beeste vrek.

“Dit gebeur baie dat die beeste plastiek inkry en dan kan hulle nie leef nie,” het hy in gebroke Engels verduidelik. Dit is vir hom baie skade as een dier vrek.

Mnr. Bheki Khubeki, woordvoerder van Govan Mbeki Munisipaliteit, het Vrydag, 31 Augustus per epos bevestig dat hy die koerant se navrae oor die Kinross-asgate en mnr. Symington se klagtes ontvang het en dat die saak ondersoek sal word.

’n Plaaswerker haal ’n stuk plastiek uit ’n oopgesnyde koei se buik. Dit was een van mnr. Symington se melkkoeie wat gevrek het nadat dit plastiek gevreet het.

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kinross Police retrieve stolen goods left behind by fleeing burglars

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: