Klein vegtertjie het hulp nodig met mediese uitgawes

SECUNDA – Lian Nieuwoudt (2) moet maandeliks ’n spesiale drip kry wat sy klein lyfie help om bloedplaatjies te vervaardig – daarsonder is sy lewe in gevaar.

Lian weeg skaars 9kg, het bykans geen armpies nie en het ’n seldame siekte.

Hy is met Tar-sindroom (thrombocytopenia with absent radius) gebore en ’n immuunspesialis het later bevestig dat Lian se IgG (Immunoglobulin G) baie laag is.

Dit is die teenliggaampies in ’n mens se lyf wat teen infeksies veg.

Tar-sindroom is ’n seldsame genetiese afwyking waar geen radiusbeen in die voorarm voorkom nie en daar ook ’n dramatiese tekort aan bloedplaatjies is.

Lian as baba saam met sy pa, mnr. Johannes Nieuwoudt.

Daar is eers gedink dat ’n beenmurgoorplanting die probleem sou oplos en dat Lian se liggaam dan plaatjies self sou vervaardig, maar toetse het gewys dat sy liggaam nie plaatjies kan maak nie, ongeag die beenmurg.

Die enigste uitkoms was om maandeliks vir Lian Polygam binneaars toe te dien.

Omdat die kleinding nie armpies het nie, moet die drip in ’n aar in sy kop geplaas word.

Sy ouma, me. Linda van Wyk, het vertel dat Lian al kan loop en bedrywig is, maar dat hy meestal tuis gehou moet word in ’n omgewing waar hy nie aan kieme blootgestel word nie. Die geringste ding kan veroorsaak dat Lian hospitaal toe moet gaan.

Hy moet heeltyd weggehou word van mense met verkoue, kindersiektes en maagvirusse.

Lian het in sy kort lewetjie al male sonder tal in die hospitaal deurgebring.

Mnr. Johannes Nieuwoudt en me. Cherese van der Berg, Lian se ouers, het geen onraad tydens die swangerskap vermoed nie.

Selfs die dokter het gedink alles is in orde, maar het wel genoem dat die baba baie kort bene het en dat sy groeiproses ’n paar weke agter was.

Lian is op 25 Julie 2016 deur middel van ’n keisersnee gebore.

Dit was ’n traumatiese ondervinding vir die paartjie want hulle was nie voorbereid op Lian se gebrek nie.

Lian Nieuwoudt ontvang maandeliks binne-aarse medikasie wat help dat sy lyfie bloedplaatjies kan vervaardig om teen siektes te baklei.

Hy is dadelik na die neonatale waakeenheid geneem en me. Van der Berg kon hom eers baie later sien.

“Ek is per rystoel na die waakeenheid geneem waar ek vir die eerste keer my klein engel ontmoet het.

“My eerste gedagte was dat hy die mooiste seuntjie is wat ek nog ooit gesien het.”

Buiten die maandelikse Polygam-behandeling wat meer as R5 000 per maand kos, het Lian se ouers nog baie ander mediese uitgawes om te dek.

Lian moes tot onlangs toe spesiale melk drink wat R400 per blikkie kos en die gereelde besoeke aan professors en medici, asook die feit dat Lian kort-kort in die hospitaal behandel moet word, is ’n geweldige finansiële las op sy ouers.

Hy moet ook binne die volgende jaar ’n operasie ondergaan om die stukkies arms wat daar is, reguit te maak sodat hy makliker oor die weg kan kom.

Hoewel Lian saam met sy ouers in Johannesburg woon, bly sy uitgebreide familie op Secunda en het hulle besluit om hier vir hom ’n geldinsamelingsaksie te reël.

Vernon Barnard, die blinde deelnemer van The Voice, tree Saterdag, 15 September by Mynland op ten bate van Lian.

Kaartjies kos R100 elk en alle winste sal aangewend word om Lian se trustrekening te versterk.

Die vertoning begin om 8nm.

Vernon Barnard van The Voice-faam tree Saterdag, 15 September by Mynland op om geld vir Lian in te samel

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kinross cops need help to identify victim

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: