Blitsige Liam hardloop soos die wind

Liam Olivier het verlede week die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap gewen. (Foto: Backtrack Sports)

SECUNDA – Of dit 20m na die doellyn is om ’n drie te druk, ’n naellope van 60m of ’n 2km-landloop, Liam Olivier (9) draf dit maklik kaf.

Dié gr. 3-leerder van Laerskool Goedehoop het op 8 September die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap in Port Elizabeth in sy ouderdomgroep gewen en boonop die rekord van 7 minute en 30 sekondes na 7 minute en 21 sekondes verbeter.

Liam het vanjaar Mpumalanga-kleure in landloop verwerf en het ook aan die Super 12-byeenkoms deelgeneem waar hy ’n silwermedalje behaal het.

Hy het ook weer die afgelope naweek ’n goue medalje by die Mpumalanga skole-atletiekkampioenskap wat op Lydenburg gehou is, verwerf.

Dié lenige seuntjie is ook ’n skrander naelloper en rugbyspeler.

Hy het vanjaar veral in die 60m- en 80m-naellope uitgeblink, asook in die 800m-middelafstand.

Liam is ook vanjaar vir die Sonskyn-rugbyspan gekies tydens Goedehoop se deelname aan die Super 12-byeenkoms. Hy is as die beste 0/9-speler van die byeenkoms gekies.

Hy wil graag eendag soos Usain Bolt of Faf de Klerk wees. Faf en Spiderman is sy helde.

“Liam is gek oor sport. Hy speel ook krieket. Ons moes net keer of hy het vanjaar nog hokkie ook gespeel, maar sy program het dit doodeenvoudig net nie toegelaat nie,” het sy ma, me. Charné Olivier, vertel.

“Liam was nog ’n voorskoolse kind toe ons tydens die Pikkie-atletiekbyeenkoms gesien het dan hy op die baan wikkel. Hy het goed presteer in sy ruggas-rugby.”

Me. Olivier meen Liam aard na sy pa, mnr. Duncan Olivier.

“Hy is ’n besonderse en beskeie mens wat net die lewe met lof en toewyding aanpak.”

Die Oliviers het telling verloor oor die hoeveelheid medaljes wat hul oudste al huis toe gebring het.

“Met ons laaste telling was daar 47 goue medaljes en een silwermedalje.”

Liam het ’n jonger boetie, Noel, maar volgens me. Oliver is hul jongste heeltemal die teenoorgestelde van Liam en sal hy eerder langs die veld met sy telefoon ontspan as om deel te neem.

“Dankie aan almal wat Liam ondersteun en ’n bydrae gehad het in sy SA’s-ondervinding. Sonder dié mense in ons lewe sal hy nie die hoogtes kon bereik het nie.

“Groot dankie ook aan sy afrigter, mnr. Abrie van Zyl, van Laerskool Goedehoop.”

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: