Bowen bewys medici verkeer toe hy weer op rugbyveld draf

Bowen Bezuidenhout (16) speel weer rugby na nege operasies op sy regterbeen.

SECUNDA – Ná nege operasies en maande van harde werk en ongelooflike wilskrag, het Bowen Bezuidenhout (16) weer op die rugbyveld geskitter.

Dié gr.10-leerder van Hoërskool Secunda het verlede week vir die Mpumalanga Rhinos Sewes se 0/17-span vir ’n sewestoernooi in Vanderbijlpark uitgedraf.

Dit nadat hy aan die begin van die jaar vertel is dat hy nooit weer sy geliefde sport, of enige hardloopsport, sal kan beoefen nie.

Bowen het op 1 September 2017 in die Mpumalangaproewe wat op Piet Retief gespeel is, sy regterbeen baie sleg gebreek toe twee spelers hom grond toe probeer trek het en hy skeef getrap het.

Bowen Bezuidenhout het verlede jaar sy regterbeen erg gebreek.

Dié blitsige flank se tibia en fibula is by die groeiplaat by sy enkel gebreek. “Die dokter het gesê die fibula het eintlik versplinter,” het Bowen vertel.

Hy was eers in die Mediclinic Hoëveld opgeneem en geopereer en is kort daarna in die Wilgers Hospitaal weer geopereer waar sy been met penne, skroewe en ’n staalplaat geheg is.

Hy was vir etlike weke in dié hospitaal waar hy altesaam ses operasies ondergaan het.

Geweldige drukking op die been het veroorsaak dat Bowen kompartementsindroom ontwikkel het en moes hy twee keer per dag suurstofbehandeling ontvang om sy been te red. Hoewel die wond met vakuumpak behandel is, het dit tog septies geword.

Die geweldige drukking in die been het ook reuse blase om sy enkel veroorsaak.

Die uiteinde was ’n weefseloorplanting waar weefsel van sy linkerheup op sy regterbeen oorgeplant is. Hierdie operasie is in die Pretoria-Oos Hospitaal gedoen waar hy meer as 10 ure in teater was en nog drie dae in die waakeenheid deurgebring het.

Bowen het in hierdie tyd ook geweldige gewigsverlies ondervind – die seun wat eens 70kg geweeg het, het uitgeteer tot skaars 49kg.

Bowen Bezuidenhout se regterbeen na die weefseloorplanting.

Hoewel die weefseloorplanting geslaagd was, het Bowen hamertoon ontwikkel waar sy groot- en tweede toon begin krom trek het weens verkorte senings en ligamente.

Hy moes hiervoor weer geopereer word en penne is in die tone geplaas om dit reguit te maak, want hy kon glad nie op sy voet trap nie.

Bowen en sy ouers, mnr. Ben en me. Elmarie Bezuidenhout, is meegedeel dat hy nooit weer rugby sal kan speel nie. Dié nuus was vir ’n seun wat in graad 8 die Jan Ellis-beker vir rugby verwerf het, onaanvaarbaar.

“Rugby is my lewe en my toekoms. Ek het besluit om alles in te sit sodat ek weer rugby kan speel,” het Bowen gesê.

Hy het begin om daagliks te draf. Later het hy by die skool se gimnasium begin oefen en saam met die skool se bionetikus, mnr. Mike van der Walt, rehabilitasiewerk gedoen.

“Mnr. Van der Walt het ook eers gesê ek sal nie weer kan speel nie, maar later het hy gesê hy sien ’n liggie in die donkerte. Dit het my net nog meer aangespoor.”

Bowen het weer vinnig gewig aangesit en weeg tans 75kg en is blakend gesond.

Sy been gee hom min las en hy speel slegs met ’n enkelstut.

Hy het pas weer bewys dat hy ’n talentvolle speler met baie potensiaal is. Hoewel hy veronderstel is om nog in die 0/16-groep te speel, is hy vir die provinsiale 0/17-span gekies.

“Ek is so dankbaar vir hierdie geleentheid,” het hy gesê.

Hoewel hy verlede jaar ook maande se skoolwerk moes inhaal, het hy steeds deurgekom en is hy tans in graad 10.

Sy ouers het almal wat hul gesin in die tyd ondersteun het, bedank.

“Die skool het tyd afgestaan om vir Bowen te bid en selfs Tobie Molefe van Sasol Rugbyklub het saam met sy spanmaats vir Bowen in gebed opgedra,” het mnr. Bezuidenhout gesê.

Bowen Bezuidenhout (16) speel weer rugby na nege operasies op sy regterbeen.

  AUTHOR
Arisja Misselhorn

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: