Rekords spat op interhuis

Nicole Botha het aan die verspring vir D0/12 deelgeneem.

BETHAL – Lewellyn Harmse en Zané Kruger is op 14 Januarie as die Victor Ludorum en Victrix Ludorum aangewys tydens Laerskool Marietjie van Niekerk se interhuisatletiekbyeenkoms.

Die volgende trofees is gewen:

Gewigstootdogter, Wilanie van Staden.

Gewigstootseun, Daniel Coetzee.

Hoogspringdogter, Nicole Meyer.

Hoogspringseun, Lewellyn Harmse.

Verspringdogter, Kayla Oostuisen

Verspringseun, Keagen Berry

Beste junior dogtersnaelloopatleet, Lechea Schutte 60m.

Beste junior seunsnaelloopatleet, Bhubes Kruger 60m.

Beste senior dogtersnaelloopatleet, Zane Kruger 200m.

Beste senior seunsnaelloopatleet, Lewellyn Harmse 80m.

Dogtershekkies, Zane Kruger 75m.

Seunshekkies, Lewellyn Harmse 70m.

Dogters middelafstande, Yolandie Matthee.

Seuns middelafstande, Lewellyn Harmse.

Hoogste prestasie vir die dag volgens die APE-tabel is toegeken aan Zané Kruger en Lewellyn Harmse.

JG Pieterse en Yolandie Matthee het die trofee vir volharding en veggees ontvang.

Die volgende atlede het rekords verbeter: Hanroux Roux seuns 12 jaar, 1 200m, Luhandre Harmse 80m vir dogters sewe jaar, Diane van Zyl dogters 12 jaar 150m, Zane Kruger dogters 13 jaar 200m en 200m-hekkies en Wilanie van Staden dogters 11 jaar gewigstoot.

Die Uile het 358 punte bymekaar gemaak, die Valke 424 en die Arende 465.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Kingfisher caught in the act