Goedehoop-akademie hou Secunda se naam hoog

Voor is me. Liezel Brits (gr. 3, Afrikaans), me. Janetta Meyer (gr. 5, Wiskunde), Elri de la Rey (hoofdogter), Ruan van der Merwe (hoofseun) en me. Janette Coetzee (gr. 5, Afrikaans). Agter is me. Philia Jansen (gr. 6, Afrikaans), me. Sunet Ellis (gr. 3, Afrikaans), me. Minjon Pelser (gr. 3, Afrikaans), me. Illse Jordaan (gr. 3, Afrikaans) en me. Kristelle Hattingh (gr. 3, Afrikaans).

SECUNDA – Laerskool Goedehoop is deur die Conquesta Olimpiade as ’n top akademiese laerskool aangewys.

Nie net staan dié skool eerste in Mpumalanga nie, maar het ook ’n nasionale eerste plek in Afrikaans gr. 3 behaal.

Hulle het in Afrikaans gr. 5 tweede geëindig en in Afrikaans gr. 6 derde.

Goedehoop is derde nasionaal in Wiskunde gr. 5.

Conquesta is ’n nasionale instansie wat deur objektiewe, eksterne eksamens die akademiese standaarde van gr. 1 tot gr. 7 in sekere vakke bepaal.

Daar is tans meer as ’n duisend deelnemende laerskole in Suid-Afrika, privaat en ou Model C-skole, wat hul akademiese standaarde teenoor ander skole meet.

Conquesta word onderskryf deur die Science Technology Engineering Mathematics Innovation wat deur die South African Agency for Science and Technology Advancement gestig is.

Conquesta Olimpiade is vir akademie wat Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir sport is.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
eMbalenhle suffers serious water problems