Laerskool HM Swart-leerders beïndruk tydens interhuis

Siyabonga Ndlovu hou sy oë vasgenaal op die wenstreep tydens die 80m vir S0/11.

BETHAL – Laerskool HM Swart het hul interhuisatletiekbyeenkoms Saterdag, 21 Januarie aangebied.

Hoewel dit ’n warm dag was, het dit nie atlete gekeer om rekords te verbeter nie.

Morongwa Moseloane het die 75m-hekkies rekord vir D0/12 verbeter in ’n tyd van 12,72 sekondes.

Sy het met dié prestasie 824 ASA-punte verwerf.

Ximmone de Waal het die D0/13-gewigstootrekord met ’n afstand van 10.88m verbeter.

Sy het 901 ASA-punte verwerf.

Waylan Meyer het 684 ASA-punte verwerf nadat hy die gewigstootrekord vir S0/10 met ’n afstand van 8.31m verbeter het.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
AD Nkosi High School beats Kinross