Laerskool HM Swart-atlete blink uit

Voor is Waylan Meyer (beste seunsveldatleet), Toby Edu (beste junior dogtersbaanatleet), Jacques Bosch (beste junior seunsbaanatleet) en Lesedi Moselane (beste seuns middelafstandatleet). Agter is Morongwa Moselane (beste senior dogtersbaanatleet), Ximmone de Waal (beste dogtersveldatleet), Roelof le Roux (beste senior seunsbaanatleet) en Tashana Stewart (beste dogters middelafstandatleet).

BETHAL – Laerskool HM Swart het Saterdag, 21 Januarie hul interhuisatletiekbyeenkoms op Bethal aangebied.

Morongwa Moseloane het die 75m-hekkies vir D0/12 in ’n tyd van 12,72 sekondes afgelê en die rekord verbeter.

Sy het 824 ASA-punte verwerf.

Die gewigstoot vir D0/13 se rekord is deur Ximmone de Waal verbeter. Sy het die gewig 10,88m ver gegooi, wat haar 901 ASA-punte besorg het.

Waylen Meyer het die gewigstootrekord vir S0/10 verbeter.

Die gewig het 8,31m ver getrek, waarvoor hy 684 ASA-punte verwerf het.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Symptoms and treatment of bites and stings