Almal kry ’n kans om deel te neem by Marietjieskool se sportdag

Stenley Tau het die resies gewen, maar Tsepo Motaung wat tweede was en Bongani Vilakazi wat derde geëindig het, het dit nie vir hom maklik gemaak nie.

SECUNDA – Almal kry ’n kans om te hardloop en word met oorgawe toegejuig tydens die jaarlikse Marietjieskool-sportdag op Donderdag, 2 Februarie by die skool.

Leerders geniet dit veral om saam met hul klasmaats deel te neem en hardloop soms langs die baan om hul vriende te ondersteun.

Daar word groot bohaai gemaak van elkeen wat die resies voltooi en die drie wenners geniet hul oomblik van glorie op die podium en ontvang elkeen ’n medalje van die hoof, me. Mariane Ueckermann.

  AUTHOR
Willemien Aukema
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Hoogies maak geskiedenis