Hoërskool Hoogenhout spog weer met Afgri Top 10

Chanté Koen het tweede in die gewigstoot vir D0/16 geëindig.

BETHAL – Hoërskool Hoogenhout het Woensdag, 1 Februarie weer hul bekende Afgri Top 10 Atletiekbyeenkoms op Bethal aangebied.

Altesaam 33 skole landwyd het deelgeneem en 50 spanne het ingeskryf.

Hoogenhout se atlete het goed presteer en algeheel sewende geëindig.

Inge van der Merwe het veral in die 100m-hekkies beïndruk, terwyl Damian Losper stof in die ander se oë geskop het in die 100m.

Juan Pretorius het met sy verspringvernuf gespog en Chanté Koen het gewys hoe jy ’n gewigstootbal baasraak.

  AUTHOR
San-Marié Cronjé
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bethal Rugbyklub vier eeufees met dinee